Die Pa-mens deur Suria Scholtz
“Toe die Here Vaders geskep het, het hy met ‘n lang gebeente begin. ‘n Engel wat daar naby staan, het gesê:‘ Watter soort Pa is dit? As jy kinders so naby aan die grond wil maak, waarom het jy Vaders so lank gemaak? Hy sal nie albasters kan skiet sonder om te kniel nie. Hy sal nie ‘n kind in die bed kan sit sonder om te buig nie. Hy sal nie eens ‘n kind kan soen sonder om te buk nie.’ God het geglimlag en gesê: ‘Ja, maar as ek hom kind grootte maak, na wie sal die kinders opkyk?’
En toe God die vader se hande gemaak het, was hulle groot. Die engel skud sy kop en sê: “Ek dink nie jy wil hande so maak nie. Groot hande is onhandig jy weet. Hulle kan nie doeke vasspeld, klein knopies vasmaak, haarrekkies om ponie sterte kry of splinters uit hande verwyder nie.”
God het weer geglimlag en gesê,”Ek weet, maar hulle is groot genoeg om alles vas te hou wat ‘n klein seuntjie aan die einde van die dag uit sy sakke haal en tog klein genoeg om ‘n kind se gesig in sy hande toe te skulp.”
Toe het God lang, skraal bene en breë skouers gevorm. Die engel het amper ‘n hartaanval gehad. “Boy, mens kan sien dit is die einde van die week!” het hy gesê. “Hoe gaan hy ‘n kind nader aan hom trek sonder dat die kind tussen sy bene deurval?”
God het geglimlag en gesê, “’n Moeder het ‘n skoot nodig, maar ‘n pa het sterk skouers nodig om ‘n slee te trek, ‘n seun op ‘n fiets te kan balanseer, of ‘n slaperige kop te stut op pad terug huis toe van ‘n laataand vertoning af.”
“God was in die middel van die skep van twee van die grootste voete wat iemand nog ooit gesien het toe die engel homself nie langer kon bedwing nie. “Dis nie regverdig nie,” het hy gesê. “Dink jy eerlik dat daardie groot bote vroeg in die oggend uit die bed gaan kom wanneer die baba huil? Of deur ‘n klein verjaarsdagpartytjie loop sonder om minstens 3 van die gaste te plat te trap? ‘
“Hulle sal werk, jy sal sien” het Hy geglimlag. “Hulle sal muise by die berghut afskrik, en voetspore agterlaat wat ‘n uitdaging sal wees om te volg.”
God het dwarsdeur die nag gewerk en die pa min woorde gegee, maar ‘n stewige stem en oë wat kon sien. Laastens, byna as ‘n nagedagte, het hy trane bygevoeg. Toe draai hy na die engel toe en sê: ‘Is jy nou tevrede dat hy net soveel soos ‘n ma kan liefhê?’ En die engel was stil! ‘
Wat is ‘n Oupa? ‘n kleinseun in graad 2 se beskrywing [1]
- Oupas is mans-oumas.
- ‘n Oupa is iemant nes ek, net biekie slimmer, want hy kan my help met somme wat Pappa nie kan doen nie.
- Oupas gaan stap graag met sienkies en gesels net oor visvang en trekkers.
- ‘n Oupa kan vreeslik lieg oor hoe simpel die lewe was toe hy klein was. Hy sê hulle het glad nie eens kompjuters gehad nie.
- ‘n Oupas werk nie; hy het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupa’s slaap graag.
- ‘n Oupa kan nie meer mooi sien nie, want hy wil altyt weet wat jy doen. Maar dis lekker om vir hom te sê, omlat hy regtig wil weet.
- Oupas het baaaaie geld, want hulle koop elke dag die koerant en gooi tien rant in die kerk.
- ‘n Oupa is iemant wat altyt bly is om jou te sien, daarom hou hy altyt lekkers in sy sak.
- Oupas vertel ‘n storie tien maal. Elke keer anders. Dis so goed soos tien stories.
- Almal moet probeer om ‘n oupa te kry, want hulle is lekkerder as telewiesie.
[1] Stories vir die Lewe (Omnibus), ‘n Boek oor Lewenswaardes, bl. 366







