Geseënd deur Sy Hulp
#Geseënd deur Sy Hulp
PSALM 124
‘N PELGRIMSLIED. VAN DAWID.
As die HERE
nie aan ons kant was nie,
Laat Israel nou maar sê,
As die HERE
nie aan ons kant was
toe mense ons aangeval het nie,
sou hulle ons
lewendig ingesluk het
in die hitte van hulle toorn
teen ons.
Die waters
sou ons oorspoel het;
strome
sou ons oorweldig het.
Die woeste waters
sou ons weggesleur het.
Lofa an die HERE
Wat ons nie as prooi
Aan hulle oorgegee het nie.
Ons het ontsnap
soos voëls uit ‘n voëlvanger
se wip.
Die wip het gebreek,
En ons het ontvlug!
Ons hulp kom van die HERE,
wat hemel en aarde
gemaak het.
Psalm 124, die tweede psalm in die tweede groep van drie psalms, getuig kragtig van God se aktiewe betrokkenheid by sy volk se lewens. Dit eggo die selfversekerde verklaring van Psalm 121, die tweede psalm in die eerste groep van drie psalms, dat God nie ‘n passiewe waarnemer is nie, maar ‘n proaktiewe deelnemer. Albei psalms getuig van God se hulp en bevestig dat Hy altyd aan ons kant is.
As die HERE nie aan ons kant was nie (Psalm 124:1,3a)
My hulp kom van die HERE, die Skepper van hemel en aarde (Psalm 121:2)
Psalm 124, geskryf deur koning Dawid, kyk heel waarskynlik terug op die vele kere wat die Filistyne Israel aangeval en God hulle wonderbaarlik verlos het. Dawid, deeglik bewus dat die vyand soos ‘n brullende leeu rondloop en poog om God se genade op die een of ander manier óf te verminder óf te verdoesel, beveel Israel hier om hulle stemme by syne te voeg en luidkeels saam met hom te verklaar dat God hulle altyd-teenwoordige hulp is. Ek vind dit veral fassinerend dat die Hebreeuse frase vir aan ons kant, die verlede tyd van Immanuel is – God met ons. Dawid wou hê dat die Israeliete moes onthou dat wanneer iemand teen hulle opstaan, God sou ingryp om hulle te help. Wat ‘n getuienis van hoe min vertroue koning Dawid in sy eie vermoë geplaas het om oorwinning vir sy volk te bewerkstellig.
Wanneer Dawid vertel wat gebeur het, is daar geen twyfel in sy gedagtes dat God en God alleen hulle verlos het. Dit is duidelik dat Dawid nie skryf oor ‘n private ervaring in sy eie lewe nie, maar die korporatiewe werklikheid soos ervaar deur die nasie Israel.
Hy beskryf God se hulp deur twee illustrasies te gebruik. Eerstens vergelyk hy die vyand met ‘n reuse monsteragtige deir met ‘n dik vel, ‘n vurige bek en knersende tande. ’n Mens kan nie anders as om te dink aan Daniël in die leeukuil nie, iemand vasgevang was in ’n onmoontlike situasie totdat ons lees dat God die leeus se bekke gesnoer het.
Tweedens vergelyk hy die vyand met ‘n rampspoedige vloed. Hierdie metafoor van water as ‘n vernietigende krag kom algemeen in die Ou Testament voor. In die woestyngebiede van die Midde-Ooste kan ‘n skielike storm binne minute ‘n kolkende massa water word. Die een oomblik kan jy gesond en gelukkig wees en planne maak vir die toekoms; die volgende oomblik kan jy deur ‘n stroom meegesleur word.
Beide hierdie beelde van Dawid kommunikeer die vermoë van die vyand om ons skielik te oorval: óf deur ons in te sluk en te verslind óf deur ons met ‘n skielike wolkbreuk te oorval en mee te sleur. Tog kyk ons saam met Dawid terug, ook oor ons eie lewens en getuig met lof en danksegging dat God die een is wat ons gehelp en vrygemaak het.
In ‘n tweede stel metafore, vergelyk Dawid Israel se situasie eers met die van ‘n hulpelose slagoffer gevang deur ‘n wilde dier met knersende tande en dan met ‘n voël wat hulpeloos in ‘n voëlvanger se strik gevang is. In beide gevalle herinner hierdie diere se hortende asems en paniekerige gefladder ons aan wanneer ons in ons eie strikke en versoekings verstrengel word.
Maar Dawid getuig met lof hoe God Israel elke keer verlos: Ons het ontsnap…, ons hulp is in die Naam van die HERE. Dit moet ons daaraan herinner dat God ons ook kan verlos. Wat ook al die sonde is wat jou vasgevang het, daardie genadige hand wat eens aan die kruis vasgespyker is, kan jou vrymaak, skryf Spurgeon in sy kommentaar. Baie keer word Christene beskou as naïef en mense wat beskutte lewens lei, maar dit is nie die waarheid nie. Dikwels weet Christene meer van die diep stryd en walglike omvang van sonde as ander. Ek sluit juis daarom af met ‘n aanhaling van Eugene Peterson, geneem uit A Long Obedience in the Same Direction.
We speak our words of praise in a world that is hellish; we live our joy among people who neither understand nor encourage us. But the content of our lives is God, not humanity. We are not scavenging in the dark alleys of the world, poking in its garbage cans for a bare subsistence. We are traveling in the light, toward God who is rich in mercy and strong to save. It is Christ, not culture, that defines our lives. It is the help we experience, not the hazards we risk, that shapes our days.
GENADE UITDAGING VIR HIERDIE MAAND
God se redding in tye van persoonlike nood en angs is altyd persoonlik en betyds, want hy gee om vir sy kinders. Neem nou ‘n paar minute en bid vir mense wat jy ken wat tans sukkel en swaarkry. Dalk is hulle sonder hoop of is hulle vasgevang in ‘n stryd met ‘n sonde wat hulle wil baasraak. Bid dat hulle na God sal uitroep en hom ,soos die Israeliete en Koning Dawid, sal ervaar as ‘n altyd-teenwoordige hulp in hulle tye van benoudheid.







