Geseënd is die Vredemakers

by Suria Scholtz

#Geseënd is die Vredemakers  

PSALMS 120

‘N PELGRIMSLIED

In my nood het ek na die HERE geroep

en Hy het my gebed verhoor.

HERE, red my van lippe wat lieg,

en van ‘n tong wat mislei.

Wat sal Hy met jou doen?

Hoe sal Hy jou straf vermeerder, lasterlike tong?

Hy sal toeslaan met skerp pyle van ‘n soldaat,

met gloeiende kole.

Dit was ellendig vir my om as vreemdeling

in Mesek te woon

en saam te bly met die tentbewoners

van Kedar.

Ek het te lank gewoon

tussen mense wat vrede haat.

Ek begeer vrede,

maar wanneer ek praat,

soek hulle oorlog.

Die eerste psalm in ons reeks begin met ‘n noodkreet en eindig met oorlog en tussen hierdie twee donker temas verwys die psalmdigter na onderwerpe soos misleiding, laster en mense wat die vrede van God verag. Dit is presies sulke vyandigheid en ontevredenheid met die wêreld tesame met ‘n verlange na vrede en waarheid, skryf Eugene Peterson wat ons dring om ‘n pelgrimstog na genesing en heelwording in God te onderneem. En elkeen van ons kan ons hiermee vereenselwig, want dikwels is desperaatheid die effektiefste katalisator vir verandering.

Dis eers wanneer ons deur die leë beloftes van politici kan sien, die verraad van valse vriende ervaar, die selfhelp-dubbelpraatjies van sielkundiges herken, of die godsdienstige jargon onderskei wat deur valse herders verkondig word, dat ons besef ons is op die verkeerde pad. Wanneer die skille van ons oë af val, knip ons vervaard ons oë in Sy helder lig, nou eers ten volle bewus van hoe ver ons gedwaal het en hoe diep die wond wat ons toegedien is hierdeur.  

Die enkele woord ‘God’ kom slegs twee keer in hierdie psalm voor, tog is dit die sleutel wat ‘n desperate situasie ontsluit. Die psalmdigter spreek sy opponente direk aan met hul leuenagtige lippe en bedrog en verklaar dat God aan hulle sal gee wat hulle verdien. Hy sal jou straf met ‘n vegter se skerp pyle, met gloeidende kole sal hy toeslaan op hulle wat die waarheid verdraai. Die twee etniese groepe, Meshech in die verre suide van Rusland en Kedar, ‘n barbaarse Bedoeïene-stam op Israel se grens, verteenwoordig die vreemde en vyandige wêreld van die psalmdigter. Geen wonder hy is so vasbeslote om sy rug op alles en almal te draai nie!  

By hierdie kritieke kruispad roep die psalmdigter angstig na God – wat hom antwoord! God se weerligstraal verlig die pad in Sy goddelike genade, en die psalmdigter, wat die vurk voor sien verrys, weet dadelik wat om te doen: hy moet terugkeer na God en hom bekeer! Jy sien, hy was nie net ‘n onskuldige toeskouer nie, want ons is dit selde, maar het homself verstrengel geraak in die bedrog en konflik rondom hom.

In God se liefde en wysheid laat Hy beproewing toe, net soos ‘n geneesheer bereid is om pynlike behandelings toe te pas om die siek een te genees, verduidelik my doktesrvriend uit die VSA, Kerry Dean verlede jaar. Sy neem my na Job 5:18 toe, want hy was ‘n man wat moes leer dat ‘alhoewel God verwond, Hy ook verbind. Alhoewel Hy ons tref, genees sy hande ons weer.

“Dit is nie vreemd nie, en ook nie wreed nie,” gaan sy voort. “Behandelings vir beserings en siektes behels dikwels pyn en lyding, maar dit is doeltreffende behandeling gefokus om ten volle herstel te bring. Sy gaan voort – Dit is nie minder op ons van toepassing wat geestelik in sonde verval nie. Die wonderlike waarheid – die skoonheid in die as – is dat God se genesende krag onvergelykbaar is. Dit bereik oneindig meer as wat ons ons ooit kan indink, voorstel of selfs net voor hoop. God, in werklikheid, genees wat ons nooit geweet het siek was nie, maak reg wat ons nooit geweet het gebreek was nie, genees wat ons nooit geweet het siek was nie, en laat dit herleef wat ons nooit geweet het dood was nie. Hy genees ons siele: “Wat my betref, ek het gesê: ‘Here, wees my genadig; genees my siel, want ek het teen U gesondig.” (Psalm 41:4)

Hierdie kragtige insigte deur Kerry Dean bring ons terug na die vurk in die pad, verlig deur ‘n enkele weerligstraal …

Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele is naby,” was die eerste woorde op Johannes die Doper se lippe, en die eerste woorde wat Jesus uitgespreek het toe Hy uit die woestyn gekom het. Dit is ook die eerste stap wat ek en jy moet gee by ons kruispad hier aan die begin van ‘n nuwe jaar. Ek waardeer dit so wanneer Eugene Peterson skryf, “Bekering is die besef dat wat God van jou wil hê en wat jy van God wil hê, nie bereik gaan word deur dieselfde gewoontes te herhaal nie, dieselfde ou gedagtes te dink nie. Bekering is ’n besluit om Jesus Christus te volg en sy pelgrim op die pad van vrede te word.”

Daarom, laat ons seker maak dat ons niks wat ons gaan verhinder of benadeel, in hierdie nuwe jaar inneem nie, al staan die jaar maar nog in sy babaskoene. Wanneer ons harte nederig, ons hande skoon en ons gedagtes vernuwe is, het ons hierdie versekering dat Wysheid ons op die pad vorentoe sal begelei, maar ook die vreemde nuwe-ou pad sal verlig.

Wanneer die psalmdigter in verse 6 en 7 afsluit, “Ek begeer vrede”, beteken die Hebreeuse teks letterlik: “Ek is vrede. Hulle is oorlog.” Jesus, die Vredevors, verkondig in sy preek op die berghelling by die See van Galilea, ‘Geseënd is die vredemakers!’ Die Amplified weergawe lui: Geseënd (geestelik kalm met lewensvreugde in God se guns) is die makers en handhawers van vrede, want hulle sal (uitdruking gee aan Sy karakter en) die seuns van God genoem word.

Geleenthede om vrede te bring is volop in ‘n goddelose wêreld van nimmereindigende konflik. Nie net word ons gekonfronteer met oorloë en gerugte van oorlog op elke front nie – onthou daar is tans 71 miljoen interne verplaasde mensegroepe in die wêreld, maar in ons eie wentelbaan is daar baie wat ons kan laat struikel.

Tog, as vredemakers, word ons geroep nie om mense te laat sneuwel of struikel nie, maar om aktief onsself daartoe te verbind om mense met God en mekaar te versoen.

GENADE UITDAGING VIR DIE MAAND:

Medepelgrims, ek ken nie die problematiese situasie en vyandige mense waar God jou geplaas het nie, maar ek wil hê jy moet weet dat God jou uitroepe hoor en jou begeerte sien om vry te wees van wat jou wandel met Hom benadeel. Tweedens wil ek jou uitdaag. Dieselfde God wat Saulus in sy spore op die pad na Damaskus gestuit het, het die mag om diegene van “Mesek en Kedar” weg te keer van hul bedrieglike en gewelddadige weë en ook hulle voete op ‘n pad na vrede te plaas.

Waarhede:

Beware – the enemy will notice any inconsistency in our conduct. (Spurgeon)

Any hurt is worth it that puts us right with God. (Peterson)

Repentance is not an emotion. It is a decision. (Peterson)

Repentance is the catalytic agent for the change. (Peterson)

[Sassy_Social_Share_Pro]