Hierdie Lent fokus ons op die kruis van Christus. Paulus se woorde aan die Korintiërs kom dadelik by mens op: Die boodskap van die kruis is immers dwaasheid vir diegene wat verlore gaan, maar vir ons wat verlos word, is dit die krag van God. Om ons te help met ons fokus vir die volgende 40 dae, sal ek elke Woensdag een van die sewe laaste woorde van Christus terwyl Hy aan die kruis gehang het neem en iets daaroor skryf.  Vandag staan ons stil by…

VADER, VERGEEF HULLE , WANT HULLE WEET NIE WAT HULLE DOEN NIE.  

 Jesus se kruisdood was nie net beperk tot sy fisiese lyding nie – onthou iemand anders moes sy kruis uiteindelik dra, maar het ook openbare vernedering ingesluit. Die soldate het hom geblinddoek en deur die gesig geslaan, ‘n doringkroon op sy kop vasgedruk spottenderwys na hom as die koning van die Jode verwys. Onder die toeskouers was daar diegene wat luidlkeels verkondig het: “Hy het ander gered, laat hy homself red,” en “Kruisig hom, kruisig hom.”

 Te midde van alles wat Hy moes verduur, is sy eerste woorde van die kruis, Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie, kragtig, totaal onverwags en absoluut merkwaardig. As Christene, volgelinge en dissipels van Jesus is ons goed bekend met sy opdrag dat ons ons vyande moet vergewe – diegene wat ons vervolg, mishandel en bespot. Hier demonstreer Jesus dit in die mees angswekkende en ergste omstandighede denkbaar. Dit dwing mens tot stilstand en noop ons om te vra het iets erger as dit al met ons gebeur dat ons ooit kan sê, ek kan nie vergewe nie? Mens kan nie anders om terug te gaan na die Onse Vader gebed nie: Vergewe ons ons sondes soos ons ander vergewe.

 In wat bekend staan ​​as sy eerste woorde van die kruis, gryp die eerste woord Abba – Vader ’n mens veral aan. Dit is nie net die woord wat Jesus vir sy dissipels geleer het om te gebruik wanneer hulle bid nie, maar dit is ook dieselfde woord wat hy ‘n paar uur tevore in die tuin gebruik het: Vader as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan.

 En dan is daar ‘hulle’: Vader, vergewe hulle. Mens kan nie anders as om te vra, wie was hierby ingesluit nie? Jy kan sê die Romeinse soldate wat die spykers ingeslaan het of die owerpriesters en die Fariseërs wat dit alles beplan het. Miskien sluit dit Pilatus in, die onregverdige regter wat geweet het Jesus is onskuldig was en hom tog veroordeel het; miskien die dissipels, wat almal weggehardloop het; dalk selfs die een wat hom verraai en die een wat hom verloën het. Daar is ook die skare wat geskree het: Kruisig Hom! Ek is vas oortuig dat elkeen wat ons nou genoem het, by die ‘hulle’ ingesluit was. Maar ek en jy weet dit stop nie hier nie; ons verstaan ​​dat ons deel is van die ‘hulle‘.

 Die eerste woorde van Jesus aan die kruis, Vader, vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie, reik oor die eeue heen tot hier in 2025 en sluit ons eie lewens, private dilemmas en sondes in.

GEBASEER OP ‘N REEKS DEUR GROUNDWORKONLINE.COM

copyrighty avivid life | all rights reserved 2025 | proudly managed by YCIK Digital