My naam is Suna Potgieter, vrou van Werner, ma van Karla en Anri, skoonma vir Mornè.
Ek is ‘n introvert maar praat maklik te veel wanneer ek gemaklik is in iemand se geselskap. Ek is ‘n obsessiewe leser en kan nie by ‘n tweedehandse boekwinkel verby loop nie. Mense en dit wat hulle laat tiek fassineer en inspireer my. Ek is van nature nuuskierig en wil weet hoe en hoekom dinge gebeur en werk – in mense en in die wêreld om my. Mooi woorde, mooi prentjies en mooi musiek maak my gelukkig. Ek gaan selde erens heen sonder ‘n boek en ‘n kamera… mens weet nooit wanneer een van die twee handig te pas gaan kom nie! En ek hou van enigiets in BLOU.
Ek het in ‘n familie groot te word waar albei my oupas en oumas die Here gedien en liefgehad het, en dit dus oorgespoel het na die ouerhuis waarin ek groot geword het. Op 10-jarige ouderdom het ek ‘n keuse gemaak om die Here te dien, en van daar af het ek nooit weer getwyfel oor God se liefde vir my nie. My geloofspaadjie het wel op- en afdraandes, draaie en ongelykhede gehad, en ek glo dat die Vader met elkeen van ons ‘n unieke pad stap, maar altyd SAAM stap.
My lewe het nog altyd interessante en onverwagte draaie geloop. Ek spot gereeld dat indien ek ‘n boek oor my lewe moet skryf, die titel sal wees “Nothing ever goes according to plan”.
Maar al gebeur alles nie altyd soos ek beplan nie, weet ek dat elke kinkel in my lewenspaadjie haarfyn deur God beplan is. Soms skop ek teen die polle, forseer deure oop en wroeg en wriemel TEEN die stroom, net om altyd later te besef dat alles al die tyd presies reg uitgewerk het. Ek glo vas dat Sy doel in alle omstandighede seëvier, en daarom weet ek dat die Vader elke situasie aanwend om my te vorm EN te gebruik.
Na ons trek Suid-Kaap toe het ek begin blog, deels om my eie gevoellens te verwerk en deels om my vriende op hoogte te hou van wat in ons lewens gebeur. My skryfsels uit daardie tyd is op die blog Rhythms of Grcae by https://rhythmsofgracesuna.blogspot.com/
Deesdae plaas ek my gewaarwordinge en lewensstories op my blog En Route by https://enroutestories.wordpress.com/
Gaan kyk gerus en deel in my klipstapels langs die roete wat ek saam met God loop.







