Blessed As We Fear God – Psalm 128
Blessed As We Fear God
# Blessed As We Fear God
PSALM 128
PSALMS OF ASCENT
Blessed are all who fear the LORD,
who walk in obedience to him.
You will eat the fruit of your labour;
blessings and prosperity will be yours.
Your wife will be like a fruitful vine
within your house;
Your children will be like olive shoots
around your table.
Yes, this will be the blessing
for the man who fears the LORD.
May the LORD bless you from Zion;
may you see the prosperity of Jerusalem
all the days of your life.
May you live to see your
children’s children—
peace be on Israel.
The Psalms of Ascent are 15 songs traditionally sung by travellers on their way to Jerusalem, usually for three annual feasts (Passover, Pentecost, and Tabernacles). Tabernacles recall Israel’s 40 years in the wilderness while celebrating the ingathering of the physical harvest – a foreshadowing of the ingathering of the nations to worship the Living God. During Israel’s recent Feast of Tabernacles, Christian representatives from 53 nations participated in the colourful Roll Call of the Nations. But back to Psalm 128, which, like Psalm 127, focuses on God’s work in and through the family. While Psalm 127 warns us that life, family and work are in vain without God, Psalm 128 sings that life, family and work are blessed when you live for God.
Those familiar with last year’s Wisdom Challenge on my blog will remember how THE FEAR OF THE LORD was a recurrent theme. All wisdom literature in the Bible has multiple references to the Fear of the Lord: Job, Psalms, Proverbs and Ecclesiastes. From the outset, it is clear that we understand that the fear of God is at the heart of the blessed life as described here and elsewhere. Psalm 34 reminds us that those who fear the Lord will have no lack! Thus, all scriptures unanimously declare that such wise living brings a blessing. Proverbs 10:22 says the blessing of the Lord makes rich, and he adds no sorrow to it. In many ways, Psalm 128 is a picture of this blessed life as it mentions blessing four times.
Verse 1 tells us the blessed life is not dependent on race, class, education, or even intelligence but is available to all who honour and respect God by living a life of obedience. “Walk in his ways” is a Jewish way to say “obey his rules.” It was Spurgeon who quipped: if the heart is joined unto God, the feet will follow hard after him.
The psalmist elaborates on this blessing in verses 2 and 3 as he describes a hard-working man enjoying the food of his work and sharing it with his wife and children as they gather around the table, enjoying a sense of community and happiness. In other words, God does not bless laziness, but He does bless work, as He blesses the families that fear and obey Him. For this reason, this blessing can also mean that such a man’s animals will have many young ones, and his plants will have many fruits.
The images of grapes, wine, and oil from the olive plants used here were not necessities for survival, like wheat or corn, but they made life so much better. They symbolize rich blessings, just as having a good wife and children plays a significant role in enriching a man’s life.
But back to verse 4, where the promise of blessing is repeated for those who fear the Lord and whose conversations, conduct and decisions reflect that. Matthew Henry reminds us that those who are truly holy are truly happy.
God’s blessing now moves beyond man’s successful employment and warm family relations at home. With his private interests flourishing, such a person will have the added satisfaction of seeing God’s blessings in society. The pilgrims who sang this song did not live in Jerusalem but travelled there to worship and meet with God. As the religious and political capital of Jewish life, this city’s spiritual and social progress was undoubtedly upon the mind of the godly man. We are reminded of how Jeremiah instructs the exiles in Babylon to seek the city’s welfare. Imagine if God’s people should seek the good of Babylon, how much more should they seek the good of Jerusalem? In many ways for us today, Jerusalem is a picture of the church as it is also a picture of heaven, and as such, we, too, must actively seek the good of God’s worldwide family as much as we seek the good of our own families.
In verse 6, the blessing of the man who fears the Lord reaches his grandchildren, reminding us of Proverbs 17:6: Grandchildren are the crown of the aged, and the glory of children is their fathers. It is important to understand that the godly man lives to have a fruitful legacy, not a fancy lifestyle. At the very end of this verse, personal and family blessings are tied to the blessing of society: Peace be upon Israel! In other words, we should not only long for the blessing of the city we live in but also for the blessing of our nation. Christians understand that a healthy nation starts with a healthy church.
What a beautiful psalm to end our year. As the psalm begins with our generation, it moves to our children’s generation and ends with our grandchildren’s generation. It encourages us to look beyond this life to the life to come.
*****
As this is our last Grace Challenge for the year, let’s set time aside to ponder our activities, decisions, spending, relationships and dreams and do that in fear of the Holy One. All of these are tied to the blessed life so beautifully described in this psalm. As our awestruck wonder and heartfelt devotion to God lies at the heart of our peace of mind, the peace in our families, neighbourhoods, churches, towns and country, may our celebrations of the birth of Christ, the Prince of Peace, indeed bring Him honour and glory.
Geseënd As Ons God Vrees – Psalm 128
Geseënd As Ons God Vrees
#Geseënd As Ons God Vrees
PSALM 128
‘n PELGRIMSLIED
Geseënd is hulle
wat die HERE dien,
wat wandel op sy weë.
Jy sal die vrug
van jou arbeid geniet
en gelukkig
en voorspoedig wees.
In jou woning
sal jou vrou wees
soos ‘n vrugbare wingerdstok.
Jou seuns sal wees
soos jong olyfbome
rondom jou tafel.
So seën die HERE
die mens wat Hom dien.
Mag die HERE jou seën uit Sion
sodat jy so lank as wat jy lewe
die voorspoed van Jerusalem
sal sien,
en ook jou kleinkinders sal beleef.
mag daar vir Israel vrede wees.
Psalm 128 is een van die 15 pelgrimsliedere wat tradisioneel deur reisigers op pad na die drie feeste (Paasfees, Pinkster en Tabernakels), gesing is. Die Fees van Tabernakels, ook bekend as die Loofhuttefees, is ‘n herinnering aan die 40 jaar wat Israel in die woestyn deurgebring het sowel as ‘n viering van die fisiese oes wat jaarliks ingebring is —‘n vooruitskouing na die samekoms van die nasies om die Lewende God te aanbid met die wederkoms van Christus. Tydens Israel se onlangse Loofhuttefees het Christene van 53 verskillende nasies deelgeneem aan die kleurvolle Roll Call Of The Nations. Toe ek 32 jaar gelede die Fees bygewoon het, was ons 119 lande wat bymekaargekom het – almal geklee in hulle nasionale drag en met wapperende landsvlae – wat aan die byeenkoms ‘n besondere feestelikheid verleen het.
Maar terug na Psalm 128, wat net soos Psalm 127 fokus op God se werk in en deur die gesin. Terwyl Psalm 127 ons waarsku dat die lewe, ons gesin en werk tevergeefs is sonder God, herinner Psalm 128 dat die lewe, ons gesin en werk geseënd is wanneer ons vir God lewe.
Diegene wat vertroud is met verlede jaar se Wysheidsuitdaging op my blog, avividlife, sal onthou hoe DIE VREES VIR DIE HERE ‘n herhalende tema was. Trouens, alle wysheidsliteratuur in die Bybel het veelvuldige verwysings na die Vrees van die Here: Job, Psalms, Spreuke en Prediker. So verklaar God se Woord onomwonne dat die vrees van God die kern van ‘n geseënde lewe is. Psalm 34 herinner ons dat diegene wie vir God ontsag het geen gebrek ly nie! Alle skrifverwysings rondom hierdie tema is eenparig in hulle verklaring dat vrees vir die Here gepaardgaan met seën. Spreuke 10:22 sê, die seën van die Here maak ryk, en Hy gee nie hartseer daarmee saam nie. In baie opsigte is Psalm 128 ‘n beeld van hierdie geseënde lewe aangesien die woord seën vier keer daarin voorkom in Engels en drie keer in Afrikaans.
Vers 1 sê vir ons die geseënde lewe is nie afhanklik van ras, klas, opvoeding of selfs intelligensie nie, maar is beskikbaar vir almal wat God eer en respekteer deur ‘n lewe van gehoorsaamheid te lei. “Wandel in sy weë” is ‘n Joodse manier om te sê “gehoorsaam sy reëls.” Dit is Spurgeon wat ons herinner dat as die hart aan God verbonde is, sal die voete hom amper vanselfsprekend en toegewyd volg.
Die psalmdigter brei uit oor hierdie seën in verse 2 en 3 deur ‘n hardwerkende man te beskryf wat die vrug van sy werk geniet en sy seëninge met sy vrou en kinders deel terwyl hulle om die tafel in ‘n warm samesyn verkeer. Met ander woorde, God seën nie luiheid nie, maar Hy seën werk. Net so seën die Here gesinne wat Hom vrees en gehoorsaam. Hierdie seën van die Here sluit ‘n gesin se diere en plantgewasse in – dat hulle vrugbaar sal wees en goeie oeste sal inbring.
Die beelde van druiwe en wyn sowel as olie van die olyfbome wat in die volgende reëls voorkom, was nie noodsaaklikhede vir oorlewing, soos koring of mielies nie, maar dit het die lewe soveel beter gemaak. Hulle simboliseer wel ‘n ryke seën, net soos om ‘n goeie vrou en kinders ‘n ‘n man se lewe verryk en seën.
Maar terug na vers 4 waar die belofte van seën herhaal word vir diegene wat die Here vrees, en wie se gesprekke, optrede en besluite dit weerspieël. Dis Matthew Henry wat ons herinner dat diegene wat werklik heilig is, werklik gelukkig is.
God se seën beweeg nou verder as die man wat suksesvol is in sy werk en geseënd is met warm gesinsverhoudings by die huis. Net soos so ‘n persoon se private belange floreer, net so sal hy die bykomende bevrediging hê om God se seëninge in die samelewing te sien. Die pelgrims wat hierdie lied gesing het, het nie in Jerusalem gewoon nie, maar daarheen gereis om God te aanbid en hom te ontmoet. As die godsdienstige en politieke hoofstad van die Jode, was die geestelike en sosiale vooruitgang van hierdie stad beslis ‘n belangrike prioriteit vir die godvresende man. Ons word herinner hoe Jeremia die ballinge in Babilon opdrag gegee het om die welsyn van die stad waarnatoe hulle weggevoer is, te soek. Met ander woorde, as God se volk die vooruitgang van Babilon ‘n prioriteit moes maak, hoeveel te meer moes hulle nie die belange en voorspoed van Jerusalem ‘n prioriteit maak nie.
Vir ons as Christene, is Jerusalem vandag ‘n prentjie van die kerk sowel as ‘n prentjie van die hemel. Met ander woorde, die Here verwag van ons om doebewus en aktief onsself daarop in te stel om Sy kerk en liggaam te prioritiseer deur goed te doen aan medegelowiges, naby en ver van ons en hulle welsyn te bevorder – net soos ons ons moet bewyer vir die welsyn van ons eie families.
In vers 6 bereik die seën van die man wat die Here vrees sy kleinkinders. Dit herinner ons aan Spreuke 17:6 — Kleinkinders is vir grootouers soos ‘n koning se kroon. Pa’s is vir hulle seuns ‘n trots. Hoe belangrik om te verstaan dat die godvresende man leef om ‘n vrugbare nalatenskap te hê, nie ‘n spoggerige leefstyl nie. Dis interessant dat hier aan die einde van vers 6, persoonlike en familie seën gekoppel word aan die welsyn van die samelewing: Mag daar vir Israel vrede wees! Met ander woorde, ons moet ons nie net beywer vir die voorspoed van die stad waarin ons woon nie, maar ons moet ons beywer vir die seën van die nasie waarin ons woon. As Christene verstaan ons dat ‘n gesonde volk by ‘n gesonde kerk begin.
Is dit nie ‘n pragtige psalm om ons jaar mee af te sluit nie? Soos wat hierdie psalm by ons geslag begin, beweeg dit na ons kinders se geslag en eindig dit by ons kleinkinders se geslag. So spoor die Here ons aan om verby hierdie lewe te kyk na die lewe wat kom.
*****
Aangesien dit ons laaste Genade-uitdaging vir die jaar is, mag ons hierdie volgende twee maande neem om ons doen en late, ons besluite, finansiële besteding asook ons tydsbesteding, verhoudinge en drome in die vrees van die Here te oordink. Elkeen van hierdie is mos deel van die geseënde lewe wat so mooi beskryf word in psalm 128. Ontsagwekkende verwondering en opregte toewyding aan God, of dan – DIE VREES VAN DIE HERE — vorm die kern van ons gemoedsrus, en is die hoofrede hoekom ons gesinne, woonbuurte, kerke, dorpe en land, tans vrede beleef. Mag ons Desembervieringe van die geboorte van Christus, ons Vredevors, Hom inderdaad eer en heerlikheid bring – en dit waarlik tot in alle ewigheid.
Your Title Goes Here
Blessed in Work & Rest – Psalm 127
Blessed in Work & Rest
# Blessed to Work & Rest
PSALM 127
PSALMS OF ASCENT
Unless the LORD builds the house,
the builder labour in vain.
Unless the LORD watches over the city,
the guards stand watch in vain.
In vain you rise early
and stay up late,
toiling for food to eat —
for he grants sleep to those he loves.
Children are a heritage from the LORD,
offspring a reward from him.
Like arrows in the hands of a warrior
are children born in one’s youth.
Blessed is the man
whose quiver is full of them.
They will not be put to shame
when they contend with their
opponents in court.
Like many scholars, I lean towards the idea that Solomon wrote this psalm and not King David for Solomon as others argue. Solomon knew what it was like to both build a house and guard a city and, in his wisdom, understood that though God welcomed and even commanded human effort, His work and His blessing were more important.
A Latin motto says, Nisi Dominus Frusta. It comes from the first words of this psalm and means, ‘Without the Lord, Frustration.’ Interestingly, this is the motto of the city of Edinburgh in Scotland and could be attached to the lives of many who are trying to live their lives without the Almighty.
While in the Book of Proverbs Solomon has many words for the sluggard, in this psalm he speaks to the one who over-indulges in work to the detriment of more important matters, like family, the theme of verses 3 – 5. Thus, Psalm 127 shows a way to work that is neither sheer activity nor pure passivity. It does not glorify work and it does not condemn work.
Most important in this psalm is to understand that God works: He builds and He guards. For this reason, the Bible begins with the announcement “In the beginning God created” — not “sat majestic in the heavens,” not “was filled with beauty and love.” He created. He did something. He made something. For this reason, Eugene Peterson refers to Genesis 1 as a journal of work.
As a Christian and disciples of Jesus we need to understand that our work is a natural development out of God’s work, setting us in the mainstream of what God is already doing, and freeing us from the compulsiveness of work. Hilary of Poitiers taught that every Christian must be constantly vigilant against what he called “a blasphemous anxiety to do God’s work for him.” In other words, the curse of some people’s lives is not work, as such, but senseless work, vain work, futile work, work that takes place apart from God, Peterson explains. This happens when we have the wrong priorities, the wrong motives, or the wrong methods. As followers of Jesus, we need to always remember that God cares about what we do, why we do it, and how we do it.
Verse 1 also informs us that a watchman’s task to ensure the security of a city can be vain. Through the ages, security has always been a priority to men. In ancient times huge walls were built around cities. At various points along the wall were elevated towers where watchmen were stationed day and night to warn the citizens of imminent attacks. Today we have security guards, watchdogs and sophisticated electronic devices, all for the same reasons.
Yet, even here we are reminded that it is God who guards. In Biblical history there are two instances when God removed Himself from the business of security. The first one is when safety is sought in the midst of sin, for the sinner is never secure in sin, as we can see from the Tower of Babel and the destruction of Sodom and Gomorrah. Second, man is vulnerable when he strives for security in his own strength, for man’s safety is only in God.
Verse 2 shows us another misuse of work, namely when it goes beyond the limits God has set for it, going beyond the reasonable limits of time. In Ecclesiasts 3:1-8 we are told that there is a time for everything. Now all of us know that occasionally it is necessary to “burn the midnight oil,” the workaholic is the person who has made this a pattern.
The reason why the workaholic toils in vain is because he has failed to appreciate the delicate balance between the need to work and the necessity of rest. Once again, we are reminded of Genesis one where work was a part of the curse pronounced upon Adam as a result of his sin. Yet, prior to the fall, God had established the principle of rest. God made the heavens and the earth in six days and in the seventh day He rested. Thus, while work was a consequence of sin, God graciously put limits on man’s labour.
The Sabbath was:
- A gracious provision for man to rest and recover.
- A time for spiritual reflection and worship
- An opportunity for men to learn to trust God and strengthen their faith.
The above is pretty clear. Why then did the Israelites find it so difficult to cease their labours on the Sabbath and why do you and I struggle to do the same? I guess it is either because of greed or unbelief. Yet, prolonged labour violates a basic spiritual principle: God gives to those who have learned to rest in Him, not to those who strive in their own strength.
In contrast to the anxious labour that builds cities and guards possessions, the psalm now changes gears and praises the effortless work of making children in verses 3 to 5. Preceded by the phrase, For so He gives His beloved sleep, a possible allusion to Solomon’s other name, Jedidiah, God’s darling, the psalm continues to celebrate the miraculous processes or reproduction God has created. Interestingly children are conceived when we are at rest, not when we toil. Indeed, God gives to His beloved in his sleep. The words used here, such as reward and heritage remind us that God gives children not as a penalty nor as a burden, but as a favour. They are a token for good if men know how to receive them, and educate them, Spurgeon reminds us.
Thus, they are compared to arrows in the hand of a warrior because:
- They must be carefully shaped and formed.
- They must be guided with skill and strength.
- They must be given care or they will not fly straight.
- They must be aimed and given direction; they will not find direction on their own.
- They are, in some respects, only launched once.
- They are an extension of the warrior’s strength and accomplishment.
- They have potential for much good or evil.
I find this psalm extremely practical as it deals with the two areas of our lives that demands most of our time and cause us the most trouble. They are also the two areas which often compete with each other for our attention and energy: work and family. It will do us well to remember that work was a part of the curse and children were an essential part of the promise.
This is also an important reminder for us as believers that people are at the centre of Christian work. The character of our work is shaped not by accomplishments or possessions but in the birth of relationships: “Children are GOD’s best gift.” Thus, we develop sons and daughters, sisters and brothers – relationships with others. Such work can be done within the structure of any job, career or profession. This reminds us that the pilgrimage is not at the centre; the LORD is at the centre. No matter how hard they had struggled to get to Jerusalem, or how hard we struggle to reach our destination, Psalm 127 insists on a perspective in which our effort is at the periphery and God’s work is at the centre.
Geseënd in Werk & Rus – Psalm 127
Geseënd in Werk & Rus
#Geseënd in Werk en Rus
PSALM 127
‘n PELGRIMSLIED
As die HERE die huis nie bou nie,
swoeg die bouers tevergeefs daaraan.
As die HERE oor die stad nie wag hou nie,
bly die wagte tevergeefs wakker.
Tevergeefs dat julle vroeg opstaan,
eers laat tot rus kom,
kos eet wat moeisaam verkry is.
Netsowel gee Hy dit
aan sy geliefdes in die slaap.
Kyk, seuns is ‘n erfdeel
wat van die HERE kom;
die vrug van die moederskoot
is ‘n belonging.
Soos pyle in die hand
van ‘n krygsheld,
so is die seuns van jou jeug.
Gelukkig is die man
wat sy pylkoker
met hulle gevul het.
Hulle sal nie beskaamd staan
wanneer hulle met vyande
in die stadspoort woorde wissel nie.
Die meeste bybelkenners beweer psalm127 is deur Koning Salomo en nie Koning Dawid vir sy seun Salomo geskryf nie en ek ontleed dit dan ook so. Salomo was vertroud met huis bou sowel as die bewaking van ‘n stad. Tog het hy in sy wysheid verstaan dat alhoewel God menslike inspanning verwelkom en dit van Sy kinders verwag het, Sy werk en Sy seën belangriker was.
Die bekende Latynse leuse, Nisi Dominus Frusta, is die eerste woorde van hierdie psalm en beteken: ‘Sonder die Here, Frustrasie.’ Interessant genoeg is dit die leuse van die stad Edinburgh in Skotland en kan dit tereg gebruik word vir die baie mense, onder andere Christene, wat probeer om hul lewens sonder die Almagtige te leef.
Salomo het baie te sê oor die luiaard in die Boek van Spreuke en tog praat hy in hierdie psalm met hulle wat te veel werk en dit tot nadeel van belangriker sake, soos die familie, die tema van verse 3 – 5. Psalm 127 handel oor ‘n gesonde werkswyse. Dit verheerlik nie werk nie, maar dit veroordeel dit ook nie.
Die belangrikste gedagte in hierdie psalm is om te verstaan dat dit God is wat die werk doen — God bou en God bewaar. Dit vat ons terug na Genesis hoofstuk 1, “In die begin het God geskep” – nie “het Hy majestueus in die hemel gesit of “was Hy gevul met skoonheid en liefde nie”. Hy het geskep. Hy het iets gedoen. Hy het iets gemaak. Om hierdie rede verwys Eugene Peterson na Genesis 1 as ‘n joernaal van werk.
As Christene en dissipels van Jesus moet ons verstaan dat ons werk ‘n natuurlike uitvloeisel van God se werk is. Dit plaas ons in die middel van wat God reeds doen, en bevry ons van die kompulsiwiteit van werk. Hilary van Poitiers waarsku dat elke Christen voortdurend waaksaam moet wees teen wat hy noem, “’n godslasterlike angs om God se werk vir Hom te doen.” Met ander woorde, die vloek is nie sodanig werk nie, maar sinnelose werk, ydele werk, futiele werk, werk wat onafhanklik van God plaasvind, verduidelik Eugene Peterson. Dit gebeur wanneer ons werk deur die verkeerde prioriteite, motiewe en metodes gedryf word. As Christene is dit vir God belangrik dat ons sal weet wat ons doen, hoekom ons dit doen en hoe ons dit doen.
Vers 1 bring ons by ‘n tweede waarskuwing, naamlik dat ‘n wag nie die veiligheid van ‘n stad kan verseker nie. Deur die eeue was sekuriteit nog altyd ‘n prioriteit vir die mens. In antieke tye is groot mure rondom stede gebou. Op verskeie punte langs so ‘n muur was torings waar wagte dag en nag gestasioneer was om inwoners te waarsku teen gevaar. Vandag het ons vir dieselfde rede sekuriteitswagte, waghonde en gesofistikeerde elektroniese toestelle.
Die redenasie is dieselfde — as God die stad nie bewaak nie, is die pogings van mense om dit te doen, nutteloos. In die Bybel is daar twee sulke gevalle. Wanneer die mens homself probeer beveilig maar sonde ooglopend toelaat, soos met die toring van Babel en die vernietiging van Sodom en Gomorra, is die mens weerloos. In die tweede instansie is die mens wat God nie vertrou nie, maar op sy eie planne staatmaak om homself te beveilig, heeltemal weerloos teen die vyand. Die waarheid is dat ons net in God veilig is.
Vers 2 waarsku ons teen nog ‘n misbruik van werk, wanneer ons die gesonde en redelike grense soos deur God vasgestel, oorskrei. Prediker 3:1-8 versterk hierdie gedagte en leer ons daar is ‘n tyd vir alles. Alhoewel elkeen van ons al tot ou nag toe aan ‘n projek moes werk om dit betyds klaar te kry, is hierdie waarskuwing op werkverslaafdes van toepassing, mense vir wie dit die norm geword het.
Die werkolis se gejaag na wind en tevergeefse geswoeg versteur die delikate balans tussen die mens se behoefte om te werk en die noodsaaklikheid van rus. Weereens word ons herinner aan Genesis 1 waar werk deel was van die vloek wat God oor Adam uitgespreek het as gevolg van sy sonde. Tog het God reeds voor die sondeval die rusbeginsel daar gestel. God het die hemel en die aarde in ses dae gemaak en op die sewende dag het Hy gerus. Met ander woorde, terwyl werk ‘n gevolg van sonde was, het God genadiglik perke daarop geplaas deur die Sabbat in te stel:
o ‘n Genadige voorsiening vir die mens om te rus en te herstel.
o ‘n Tyd vir geestelike nadenke en aanbidding van God.
o ‘n Geleentheid vir ons om te leer om God te vertrou en so ons geloof te versterk.
Bogenoemde is redelik duidelik. Hoekom het die Israeliete dit dan so moeilik gevind om die Sabbat te eer en dit te heilig en hoekom sukkel ons vandag nog met hierdie selfde rusbeginsel? Die antwoord is ‘n mengsel van hebsug en ongeloof. Met ander woorde, aanhoudende en onafgebroke arbeid skend ‘n basiese geestelike beginsel, want God is vrygewig en gee vrylik aan diegene wat geleer het om in Hom te rus, nie aan diegene wat in hul eie krag na meer streef nie.
In teenstelling met die angstige gewoel en werfskaf waarmee stede gebou en besittings bewaak word in verse 1 en 2, verskuif Salomo se fokus in verse 3 tot 5 na die moeitelose werk om kinders te verwek. Voorafgegaan deur die frase, Net so gee Hy aan Sy geliefde slaap, ‘n moontlike verwysing na Salomo se ander naam, Jedidiah, God se liefling, gaan die psalm voort deur die wonder van voortplanting, soos deur God daar gestel, te vier. Interessant genoeg word kinders verwek wanneer ons ontspan, nie wanneer ons swoeg nie. Waarlik, God gee dit aan Sy geliefde in sy slaap. Die woorde wat in hierdie verse gebruik word, soos beloning en erfenis, herinner ons daaraan dat God kinders nie as ‘n straf of as ‘n las aan die mens gee nie, maar as ‘n guns en ‘n beloning. Hulle is ‘n simbool van wat goed en mooi is mits ons weet hoe om hulle te ontvang en op te voed, herinner Spurgeon ons.
Die vergelyking van kinders met pyle is juis daarom so gepas, want net soos pyle moet kinders:
o versigtig gevorm word.
o met vaardigheid en krag gelei word.
o goed versorg word anders gaan hulle nie reguit kan skiet nie.
o rigting gegee word, want op hul eie is dit nie moontlik nie.
o eenmalig uitgestuur word.
Hulle is
o ‘n verlengstuk van die vegter se krag en prestasie en
o het die potensiaal om baie goed of baie kwaad te doen.
Ek vind hierdie psalm heerlik prakties aangesien dit handel oor die twee areas wat die meeste van ons tyd verg en wat ons die meeste probleme gee — ons werk en ons gesinne, twee areas wat konstant met mekaar meeding om ons aandag en energie. Dit is daarom belangrik om te onthou dat werk deel van die vloek was terwyl kinders deel van God se belofte aan die mens was.
Om hierdie rede is die mens altyd die hart van enige uitreik of bediening en word die sukses van ons werk nie gemeet aan prestasies of besittings nie. Dit lê opgesluit in die geboorte van nuwe verhoudinge want “Kinders is GOD se beste geskenk,” herinner Peterson ons. So groei ons kerkfamilie wanneer ons seuns en dogters, susters en broers ryker word. Sulke ‘werk’ gebaseer op verhouding bou (en ek sit werk hier in aanhalingstekens) kan binne die struktuur van enige beroep beoefen word.
In die konteks van die tyd waarin Psalm 127 geskryf en gesing is, herinner dit ons dat die pelgrimstogte nie die fokus was nie, maar wel die aanbidding van God in sy heilige tempel! Maak nie saak hoe moeilik dit vir die pelgrims was om by Jerusalem uit te kom nie, Psalm 127 dwing ons om enige opofferinge of heldedade opsy te skuif en God en Sy werk weer die middelpunt van ons aardse bestaan te maak. Mag dit vir ons net so waar wees hier aan die einde van 2024. Mooi loop tot volgende maand!
Your Title Goes Here
Herstel-Vreugde: Psalm 126
Herstel-Vreugde
# Herstel-Vreugde
Psalm 126
‘n PELGRIMSLIED
Toe die HERE die lot van Sion verander het,
Was ons soos mense wat droom.
Daarna is ons monde met gelag gevul,
Ons tonge met jubelkrete.
Toe is onder die nasies gesê:
“Die HERE het iets groots gedoen
aan hierdie mense.”
Die HERE het iets groots aan ons gedoen.
Ons was verheug.
Verander weer ons lot, HERE,
soos stroombeddings in die Negev.
Dié wat met trane saai,
sal met jubekrete maai.
Die draer van die saadsak wat loop en huil,
sal beslis terugkom met jubelkrete
terwyl hy sy gerwe dra.
Vir die Israeliete het ‘n pelgrimstog na Jerusalem tydens feestye heel waarskynlik die sing van Psalms 120 – 134 ingesluit. Sedert Januarie vanjaar talm ons by een psalm per maand deur dit te memoriseer, daaroor te mediteer, en elkeen se kernwaarheid te verken en daardeur te bid. September bring ons by Psalm 126, die sewende van die 15 liedere aangesien ek 3 maande ‘n jaar (April, Augustus en Desember) dinge so bietjie rustiger vat. Psalm 126 se tema van vreugde, herinner my aan C.S. Lewis se Surprised by Joy, ‘n memoir waarin hy sy reis van ateïsme na Christenskap verken, en waar hy telkemale skryf oor die talle vreugdemomente wat hy langs hierdie besondere pad ervaar het.
Ek het pas teruggekeer van my eerste pelgrimstog saam met ses ander dames. Ons het 120 km tussen Malgas en L’Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika, gestap Ek het drie van die dames nie geken nie, en dit was daarom baie spesiaal toe ek sien hoe maklik almal van ons kon lag. As ‘n jong vrou het ek graag gereis en vinnig geleer dat ‘n vreugdevolle hart ‘n amper lewensnoodsaaklike stuk bagasie is.
Tog is blydskap nie ‘n vereiste van Christelike dissipelskap nie; dit is eerder die gevolg daarvan, skryf Eugene Peterson in sy besondere boek – A Long Obedience in the Same Direction. Hy illustreer dit ewe tong in die kies deur die verhaal van Martin Luther en sy goeie vriend, Philipp Melanchthon, die skrywer van die Augsburgse Belydenis, te vertel. Melanchthon was ‘n stil en afsydige man in teenstelling met die passievolle en geesdriftige Luther, ‘n akademikus eerder as ‘n ywerige doener. Hy het byvoorbeeld voortgegaan om soos ‘n monnik te lewe, selfs nadat hy by die Duitse Hervorming aangesluit het … Eendag het Luther geduld met die deugsame en korrekte Melanchthon verloor. ‘Om hemelsnaam,’ het hy gebrul, ‘hoekom gaan jy nie uit en sondig ’n bietjie nie? God verdien om iets te hê om jou voor te vergewe!’
‘n Woord van Lof
Die psalm begin met ‘n toneel van ekstatiese vreugde wanneer die Israeliete hul vrylating uit die Babiloniese ballingskap beskryf. In plaas daarvan om van die woord ongelooflik te praat – een wat ons gereeld gebruik vir wonderbaarlike en bykans onmoontlike deurbrake wat God in ons lewens bewerkstellig, vergelyk hulle die gebeure rondom hul vrylating en terugkeer na Jerusalem met ‘n droom. Dis asof hulle hulself moes knyp om seker te maak dit gebeur werklik met hulle.
Vir Peterson is dit belangrik dat ons hulle uitbundige vreugde sal verstaan en daarom neem hy ons terug na een van die donkerste tye in hulle geskiedenis waar hulle sekerlik die ergste ervaar het wat enige mens kan oorkom: verkragting in hul strate, kannibalisme in hul kombuise, ‘n nege-honderd-vyf-en-sestig kilometer reis wat hulle te voet deur die woetyn moes aflê, en dit alles midde die konstante bespotting van hulle ontvoerders. Troos, troos my volk!” sê julle God. “Praat mooi met Jerusalem! Roep haar toe dat haar gedwonge arbeid voltooi is, dat haar skuld afbetaal is! Ja, sy het uit die hand van die HERE ‘n dubbele straf ontvang vir al haar sondes.” (Jesaja 40:1-2 AFR20)
Dit bring ons by die vraag: Van watter gevangenskap het God jou bevry, of het jy nodig dat Hy jou nog daarvan moet bevry?
Wanneer God in sy groot genade sy volk na sewentig jaar verlos, erken die nasies God Sy wonderwerkende hand en verklaar onomwonne: ‘Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen!’ Die Israeliete neem hierdie selfde frase en herhaal dit met groot vreugde want dit is ‘n tema wat regdeur die Bybel voorkom: Die Here het groot dinge aan ons gedoen.
o Het Samuel nie daaroor gepreek nie? (1 Samuel 12:24)
o Het Dawid die Here nie daarvoor gedank nie? (2 Samuel 7:21,23)
o Het Maria nie daaroor gesing nie? (Lukas 1:49)
o Het die besetene van Gedara nie almal daarvan vertel nie? (Luk. 8:39)
Dus vrae ek nog twee vrae: Wat beteken God se ingryping in jou lewe en wat het Hy vir jou gedoen? Het jy Hom al ooit in ‘n situasie sien werk wat onbetwisbaar Hy was?
‘n Woord van Gebed
Terwyl hierdie pelgrims oor hul verlede nadink en hul bevryding besing, bid hulle ook oor hulle toekoms. Jy sien, net soos vreugde bou op die verlede, leen dit terselfdertyd van die toekoms, deur te verwag dat sekere dinge sal gebeur, verduidelik Peterson. Twee beelde versinnebeeld hierdie hoop. Die eerste is “verander tog ons lot, HERE, soos strome in die Suidland.
Die Negev, in die suide van Israel, is ‘n uitgestrekte woestyn, en sy waterlope, of Wadi’s, is ‘n netwerk van slote wat deur wind- en reënerosie uitgekalwe is. Gedurende die reënseisoen verander hulle in gevaarlike vloedgebiede. In baie opsigte is ons lewens diesefde – droogtegeteisterd – en dan, skielik, word die lang jare van onvrugbare wag onderbreek deur ‘n uitstorting van God se genade— soortgelyk aan ‘n skielike reënbui in die woestyn. Op ‘n manier eggo dit Paulus se gebed vir die Filippense – Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi!
Ek hou veral van die NKJV-vertaling in vers 4: “Bring back our captivity, O LORD!” Hulle wat vrygemaak is, roep inderdaad tot die HERE, om ook die res van die ballinge na hul vaderland terug te bring.” Hierdie las vir hul broers en susters om ook verlos te word, bring ons by die gemeenskap van gelowiges want elkeen van ons wat van ons sondes verlos is, moet ‘n las dra vir hulle wat nog nie vry van die sondelas is nie.
‘n Woord van Belofte
Die tweede beeld word geneem uit die landbousektor, want die antieke Israeliete was hoofsaaklik boere, en dus is die Bybel ryk aan boerderyverwysings en die feeste dikwels hieraan gekoppel. As ‘n gewone jaar uitdagend kan wees vir boere, hoeveel te meer moes hulle terugkeer uit Babilon dinge nie gekompliseer het nie. Omdat hulle versuim het om die sabbatsjaar te eer, het die Here bepaal dat die grond vir sewentig jaar braak moes lê. Daar was dus geen oeste nie, die kos was skaars en die saad wat die volgende jaar se oes moes inbring, was min. Julle kan julle net die hard werk in moeilike omstandighede voorstel, die emosie wat daarmee moes gepaard gegaan het asook die geloof waarmee ‘n nuwe generasie die saad diep in die grond begrawe het terwyl hulle die Here vertrou om lewe te skep. Die triomf van die saaier wat God vertrou om hierdie saad in ‘n groot oes te omskep, kan gesien word in die vreugde waarmee hy die gerwe huis toe bring.
Net soos Jesus en Paulus verwag die Here dat ons die saad van die evangelie in die lewe van elke verlorene wat ons pad kruis, sal saai. Partykeer kan hierdie las ons tot trane lei. Ek dink altyd aan die vrywilligers van die Salvation Army wat regtig aan die einde van hulleself gekom het. Hulle het nie geweet wat om hulle te doen staan nie en uiteindelik ‘n brief aan William Booth, hulle stigter gestuur waarin hulle raad gevra het. Sy antwoord: “Probeer trane!”
In baie opsigte saai elkeen van ons met trane: miskien huil ons oor ‘n Absalom-seun of ‘n verlore dogter; dalk oor ons mislukkings en foute, of dalk huil ons van teleurstelling of word ons gekonfronteer met ‘n hopelose situasie. Hoe wonderlik om dan herinner te word dat God sorgvuldig ons trane opvang in ‘n bottel en elke saad wat ons in hoop begrawe, eerbiedig bewaak.
Die herhaling van hierdie belofte impliseer dat daar geen einde aan ons geween is nie, maar herinner ons ook dat daar geen einde aan die vreugde wat vir ons as God se kinders voorlê, sal wees nie.
Die wat die Here vrygekoop het, sal terugkeer na Jerusalem. Hulle sal sing van blydskap, hulle sal vol vreugde wees, en ellende en smart sal verdwyn. Jesaja 35:10
Blessed by Restoration Joy – Ps 126
Blessed by Restoration Joy
#Blessed by Restoration-Joy
PSALM 126
PSALMS OF ASCENT
When the Lord restored the fortunes of Zion,
We were like those who dreamed.
Our mouths were filled with laughter,
our tongues with songs of joy.
Then it was said among the nations,
“the LORD has done great things for them.”
The LORD has done great things for us,
and we are filled with joy.
Restore our fortunes, LORD,
like streams in the Negev.
Those who sow with tears
will reap with songs of joy.
Those who go out weeping,
carrying seed to sow,
will return with songs of joy,
carrying sheaves with them.
A Pilgrimage to Jerusalem during feast times included singing Psalms 120 – 134, the songs of Ascent or going up. This month, we will ponder and pray through Psalm 126, the seventh of the 15 songs. Its theme, joy, reminds me of the book written by C.S. Lewis, Surprised by Joy, a memoir that explores his journey from atheism to Christianity, detailing the “surprising” moments of joy that he experienced along the way.
I just returned from my first pilgrimage with six other ladies. We walked 122,6 km between Malgas and L’Agulhas, the southernmost tip of Africa, during August, my quiet month. I did not know three of the ladies, and it was, therefore, especially delightful to discover that all of them laughed easily. As a young woman who enjoyed travelling, I quickly learnt that a joyful heart is the most essential piece of luggage.
Yet, joy is not a requirement of Christian discipleship; it is a consequence, Eugene Peterson reminds us. He tongue in the cheek illustrates this by relating the story of Martin Luther and his close friend, Philipp Melanchthon, the author of the Augsburg Confession. Melanchthon was a cool man, whereas Luther was fervid, a scholar as opposed to a doer, and he continued to live like a monk even after he had joined the German Reformation… One day, Luther lost patience with Melanchthon’s virtuous reserve. ‘For heaven’s sake,’ he roared, ‘why don’t you go out and sin a little? God deserves to have something to forgive you for!’
A Word of Praise
The psalm begins with a scene of nearly delirious joy as the exiles remember their deliverance from the Babylonian captivity. Instead of using the terribly ‘wrong’ word unbelievable – one we so frequently employ to describe the miraculously good and impossible breakthroughs wrought by God in our lives, they compare the events that lead to their freedom and return to Jerusalem as having a dreamlike quality to it — as if they had to pinch themselves to realize their freedom was a real-life event.
Peterson aptly explains that this exuberant JOY has a history! During this dark chapter in Israel’s story, they experienced the worst that can come to any of us: rape in the streets, cannibalism in the kitchen, a nine-hundred-sixty-five kilometre forced march across a desert, and the taunting mockeries of captors. Comfort, O comfort my people, says your God. Speak softly and tenderly to Jerusalem, but also make it very clear that she has served her sentence, that her sin is taken care of – forgiven! (Isaiah 40: 1-2 MSG)
Two questions: What captivity has God freed you from, or do you need Him to free you from?
The story of God’s grace and his deliverance to the Israelites was such that the nations took notice, acknowledging the miraculous hand of God, ‘The LORD has done great things for them!” The Israelites took this phrase and joyously repeated it, for it is a theme mentioned by many in the Bible:
o Samuel preached about it. (1 Samuel 12:24)
o David thanked the Lord for it. (2 Samuel 7:21,23)
o Mary sang about it. (Luke 1:49)
o The healed demoniac told everybody about it (Luke 8:39)
More Questions: What are the effects of God’s intervention in your life? What has God done for you? Have you ever seen Him work in a situation that was indisputably Him?
A Word of Prayer
As these pilgrims ponder their past and deliberate their deliverance, they also pray to the Lord for the future. You see, just as joy builds on the past, it borrows from the future, expecting certain things to happen. Two images fix their hope: The first is “bring rains to our drought-stricken lives” (MSG) or “Restore our fortunes, LORD” (NIV)
The Negev, in the south of Israel, is a vast desert, and its watercourses, or Wadi’s, are a network of ditches cut into the soil by wind and rain erosion. During the rainy season, these can become dangerous flood areas. In many ways, our own lives are like this – drought-stricken – and then, suddenly, the long years of barren waiting are interrupted by God’s invasion of grace, much like a sudden downpour in the desert. It somewhat echoes Paul’s prayer for the Philippians – complete the work you started, God!
I love how the NKJV translation cries out in verse 4, “Bring back our captivity, O LORD—for those who have been set free, indeed are crying out to the LORD, to return the rest of the exiles to their homeland.” This burden for their brothers and sisters to be delivered, as expressed here in prayer, is a reminder for the church. Every one of us who has been delivered from our sins should carry a burden for those still lost in sin.
A Word of Promise
The second image takes us back to farming, for the ancient Israelites were a strongly agricultural society, and thus, the Bible is filled with farming references and metaphors. Farming can be full of heartbreak in an ordinary year, but imagine the state of the land when the exiles returned. The fields were fallow, and there was no harvest and little food to eat. All they had was a few precious seeds that held the promise of a future harvest. Planting them was done with weeping, for they knew everything depended on the next crop. I love how the King James version refers to these seeds as precious! Imagine the faith of the farmer as he hides these precious seeds in the barren earth, patiently waiting for them to sprout, multiply and mature. The triumph of the Sower who trusted God to transform these seeds into a great harvest can be seen in the joy with which he carries the fruit of his labours.
In a similar vein, God expects his church, each one of us, to bear the burden for the lost, sowing seeds of the Gospel message as we navigate our lives from Monday to Sunday. Just as Jesus and Paul carried this burden, so should we. At times, this burden may lead us to tears. I am reminded of a group of Salvation Army volunteers who found themselves at their lowest point. Unsure of what to do, they sent a telegram to their founding father, William Booth, seeking advice. His response was simple yet profound: “Try tears!”
In many ways we are all sowing tears: maybe over an Absalom son or a prodigal daughter; maybe over our failures and mistakes, or perhaps we are weeping over disappointed hopes. How wonderful to be reminded that God carefully collects our tears for His bottle, standing vigil and guarding our buried seed.
The repeated promise implies there is no end to weeping here, as there shall be no end to joy hereafter.
And those the LORD has rescued will return. They will enter Zion with singing; everlasting joy will crown their heads. Gladness and joy will overtake them, and sorrow and sighing will flee away. Isaiah 35:10
Dag 6-Eendrag Maak Mag
Eendrag Maak Mag
Ons Loop Met Hoop!
Die laaste dag breek aan. Jenny daag kort voor agt op met ons padkos. Sy weet nou reeds dat ons nie die volle 21,5 km gaan stap nie. Ons hoef net 12 km te stap, dan het ons ‘n volle 120 km in ses dae gestap en ons het besluit dit is goed genoeg. Dis vir ons belangriker dat almal saam stap en saam klaar maak en 12 km bly 12 km! Omdat Hymne die vorige dag dele gemis het, beteken dit sy sal 110 km in 6 dae gestap het en Lize gee nie regtig so baie om nie. Waarheid is, sy het meer gestap as wat sy ooit kon dink of droom en daarop is sy en ons super trots. Waarskuwings van stormwinde vir die dag is ‘n ander rede hoekom ons die stap bietjie kort wil knip. Boonop lê George ver en Anje se kinders doen sport en die Paarl is ook nie om die draai nie.
Hymne is weer ons gids, het ‘n plek gekry van waar ons moet begin stap en Llewelyn maak seker hy kry ons daar. Vroegoggend langs die see is windstil. Ons klomp babbelbekkies is nog stiller terwyl ons op die sagte sand in Struisbaai se rigting loop. Dit voel half snaaks om te dink ons avontuur is amper verby.
Wanneer ons by ‘n roomysstalletjie verbystap, koop Cilmi vir ons almal roomys. Ons lag uitbundig oor die soet lawwigeid so vroeg in die oggend. Hierdie laaste 10 km van die roete stap ons al langs die teerpad na en deur Agulhas tot by die Lighuis waar ds. Franziska Andrag Meyer ons inwag met ons sertifikate. Die wind waai nou stormsterk en ons soek skuilte aan die agterkant, waar ons ‘n wyle met haar kuier en deel oor ons ervaring. Met haar pragtige alt stem sing sy die Here se seën oor ons sewe pelgrims uit. Ons neem vir oulaas ‘n foto en dan is alles verby.
Ons sewe sal nooit weer dieselfde wees nie en al weet nie almal hoekom hulle gestap het of wat presies die Here kom wys of doen het in hulle lewens nie, is almal dit eens – ons wil dit weer doen. Mens moet dit gereeld doen. Wanneer doen ons dit weer??
Danksegging teenoor Ds Gerrie, Kobus en Ria, Niel en Sharon, elke gasvrou-engel op ons pad, Llewelyn wat ons so mooi versorg en ons bagasie agter ons aangery het, ons mans wat ons laat gaan het, ons kinders wat sonder ons moes klaarkom – waar begin mens dankie sê, wonder ek vir ‘n oomblik? By die Here, die Skepper van die Hemele en die Aarde – kom ons begin by Hom, want aan Hom kom toe – al die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid vir sy troue liefde elke tree van ons pad. Mag ons hierdie selfde afhanklikheid openbaar by ons huise, terug in ons roetines en die sloer van elke dag. Bowenal, mag ons hoop uitstraal na vriend, vyand en vreemdeling en dit midde storms, gure weer en vloede. Mag ons die krag van skeppende kuns, gasvryheid en die natuur herontdek en so veilige hawens word vir ‘n verloregaande massa wat ankerloos ronddobber. Dankie ook aan elkeen wat in die Gees saamgetap het. Ons maak volgende jaar weer so!
Dag 5 – Die Krag van Water en Kuns
Die Krag van Water en Kuns
Ons Loop Met Hoop!
Ons klomp val vir slag weer sewe uur in die pad. Net voor dit kom lewer Karin heerlike wortelmuffins, elkeen pragtig toegedraai, by ons af. So tussen die kuier en groet deur noem sy dat haar man, Attie, sê die hangbrug sal geen probleem wees nie! Ek juig stil-dankbaar vir die bevestiging dat my spannetjie maklik en veilig sal kan oor!
Wanneer ons vir oulaas by die pragtige Nachtwacht muur stop vir foto’s, onthou Cilmi dis ‘n bekende skildery van Rembrandt. Cecilia, Marinda en Karin is vriendinne en al drie se skilderye het die mure van ons gastehuise en ons harte die afgelope dae versier. In werklikheid het die naam weinig met die bekende skildery te make. Dit is ‘n verwysing na die man wat elke nag by die rivier waggestaan het om die die perdekarre te waarsku as die rivier sou afkom.
Vandag is ‘n reguit grondpad wat na 15 km in die De Mond Natuurreservaat doodloop. Op Karin se aandrang, stap Liezel nie hierdie gedeelte saam nie, want sy voel nie lekker nie. Wanneer ons so ‘n kilometer van De Mond is, belowe ons om Llewellyn te bel sodat hy haar kan kom aflaai vir die laaste sewe km. Hymne wat elke dag met ‘n seer enkel stap, sukkel ook vandag meer as gewoonlik en my maag maak ‘n snaakse draai. Wanneer ons so 5 km ver is, soek twee van ons naarstigtelik na ‘n badkamer, maar die grondpad bied geen beskerming nie. Ons besluit om by ‘n nabygeleë plaashuis te gaan aanklop. Hier nooi Marjolyn ons binne.
Die plaashuis en voorstoep staan vol dekor elemente vir NAMPO waaraan Marjolyn werk terwyl sy na sewe beseerde Springbokkies omsien – meesal daar afgelaai deur die bure, want sy was ‘n verpleegster in haar vroeë dae. Ons klomp wil nog kuier, maar die nat pad roep. Gesluit vir openbare verkeer bo by die teerpad se afdraai, stap ons oor nat kleigrond, verby groot waters, verspoelde landerye en stootskrapers terwyl watervoëls hulleself oral gate uit geniet. Ek onthou Karin het genoem hulle kla nooit oor te veel reën nie – as die koringoeste swak is, is hulle ten minste verseker van kos vir die diere. Maar droogte, dit is ‘n verskriklike ding.
Wanneer ‘n wit bakkie verbykom, vra Hymne dat ek hom stop. Ons vra die twee mans of sy agterop by die drie skaaphonde mag opklim en ‘n paar kilometer kan saamry. Louria sluit by haar aan en weg is hulle. Nou is dit ek, Cilmi en Linke, die formidabele Ma-dogter duo, en Anje wat verbete voortbeur. Op ‘n stadium is die pad so nat, ek is nie seker of die kombi sal kan deurkom nie. Ek het dit skaars gedink, toe kom Llewelyn en Lize daar verby – die kombi vol modder en Llewellyn erg in sy element oor die onverwagse nat pad en 4by4-avontuur.
By De Mond aangekom, wag die ander 3 al vir ons. Die hangbrug is ‘n vulletjie en ek wonder hoekom was almal so begaan. As sendeling het ek natuurlik weer in my geestesoog so ‘n dun mankoliekerige bruggie gesien iewers hemelhoog in die Nepali berge met ‘n paar sparretjies wat elke hier en daar weg of stukkend is. In my verbeelding hang die hele kontrêpsie aan ‘n paar lamlendige verinneweerde toue as gevolg van die wind en weer en is die ankerposte losserig en jare laas gediens. Die hangbrug oor die Heuningnesrivier is egter net die teenoorgestelde en met die hulp van Ralph, ‘n vriendelike natuurbewaarder, stap ons gehoorsaam een vir een oor die ruim netjies brug wat met die groot vloede verlede jaar so bietjie seergekry het. Net daarna klim hy in sy kar en vat gou vir Hymne terug na Llewelyn wat by die teerpad se afdraai vir haar wag. Vandag wil haar enkel en maag nie saamspeel nie.
Aan die oorkant van die Heuningnesrivier stap ons die koppie uit na die piekniekplek met sy aemrowende 360grade uitsig oor sekerlik een van die mooiste dele van ons land. Behalwe vir Lize, is dit ons pelgrims se eerste blik op die see. Die wind begin weer opsteek en ons klomp talm nie te lank op die hoogtetjie nie. Daar is nog so 7 kilometer oor na Klipfontein Keep en ons klomp is almal lus vir ‘n vroeë dag.
Ons stap fluks met Linke, ons huppekind heel voor. Ek en sy hou ons horlosies dop, en mik-mik om so 1 uur by ons bestemming te arriveer. Wanneer ons ‘n pyltjie kry na links, see se kant toe, lê die pad seker nog so 2 na 3 km voor ons. Niemand stop om die Komoot App te raadpleeg nie, almal stap net vinniger – tot ons by twee elande kom. Dis vreemd, sê ek en Linke dat ons nog nie tuis is nie terwyl die wild oor die horizon verdwyn. Cilmi kyk gou vinnig vir ons en daar is dit – ons moes nooit afgedraai het nie, ons is al amper 3 km uit op môre se pad. Ons klomp draai verslae om, terwyl ons probeer uitfigure hoe ons die pad gemis het. Uiteindelik is ons dit eens – hulle moet ‘n bord op die damwal sit, dis te verwarrend. Om te dink ons was ‘n skrale 500 meter van ons bestemming. Niemand kla regtig nie – wat klaar gestap is, is klaar gestap
By die pragtige Klipfontein Keep se reuse grasdakopstal word ons klomp moeë pelgrims deur ‘n kleurvolle Frieda Khalo skildery op die stoep en ‘n warm melktert op die eetkamertafel begroet. Dis ‘n besondere huis, prakties uitgelê met keurige dekor en kleurvolle kunswerke op die mure. Na al die stof en modder, wind en water van dag 5, is hierdie tuiskoms van ons laaste aand by Jenny Uys meer as wat ons kon dink of droom.
Teen hierdie tyd is almal al gekonfyt in hulle take. Llewelyn pak gewoonlik vir ons af. Terwyl party kamers en beddens uitsorteer, maak ander koffie en almal eet beskuit. Daarna doen elkeen sy eie ding. Party verken hul nuwe omgewing en neem fotos, terwyl ander hulle rugsakke uitsorteer vir die volgende dag of joernaal skryf by die tafel en mekaar herinner aan alles wat die dag gebeur het. Tussendeur word daar beurte gemaak om te stort. Vroegaande maak Llewelyn gewoonlik vir ons vuur terwyl ons begin opruim, die volgende dag se padkos uitsorteer en natuurlik tafel dek – soos Adele ons geleer het.
Hier op ons laaste aand kuier ons ekstra lank om die tafel. Die Here voorsien olyfolie, asyn en sout, danksy Jenny se goedtoegeruste huis. Louria het nog heuning by haar en so kyk ons terug oor ons week. Wat was bitter? (asyn) Vir wie was ons sout gewees en wie was op hulle beurt sout in ons lewens gewees? (sout) Wat het die Heilige Gees vir ons gesê of gewys? (olie) En wat was die hoogtepunte? (heuning) Dit ontaard in ‘n heerlike en eerlike kuier. Almal se harte loop oor voor die Here, diep bewus van Sy goedheid en guns midde wat by tye onmoontlik gevoel het – beide op pad en in ons eie lewens. Vriendskappe is gesmee, karakter is gebou, genade is uitgedeel en dankbaarheid is vermenigvuldig.
Dag 4 – Die Wysheid van Bome
Die Wysheid van Bome
Ons Loop Met Hoop!
Dag 4 – Maandag, 12 Augustus
Net soos afgespreek, hou Cecilia en Boeta kort na agt uur by ons stil: Cecilia met die netjies opgevoude wasgoed en Boeta om ons deur die rivier te vat wat in die nag verder opgestoot het. Onder die geamuseerde oog van Nonna en Ounooi, die twee mak elande, ry Boeta ons in twee vragte deur die rivier. Louria ‘pose’ eers vir ‘n foto langs die twee watermerke waarvan vanoggend s’n haar by die skouers vat. Intussen het die gasvrou van Nactwacht laat weet ons moet tog nie voor twee uur arriveer nie, sy maak eers huis skoon na haar oorslaapgaste van die vorige nag.
Met net 13 km om te gaan, stop ons klomp eers by Marinda Blom op Rhenosterfontein, die buurplaas. Dis skaars een kilometer anderkant Jack’s Place en oral is daar bome: kaal winterbome, lang Bloekkombome, ‘n reuse Boomaalwyn styf teen die opstal sowel as ‘n laning koejawelbome versier die werf. Van al hierdie bome is dit egter die kolosale Witmelkhoutboom wat ons voor hulle deur bring. Die word reeds sedert 1786 deur sewe gelagte Bloms versorg en bewaar en is in 1993 tot ‘n Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar. Marinda bedien aan ons nagmaal onder hierdie boom se eindelose takke en lees voor uit Filippense 1: 9 en 10. Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.
Onder die reuse takke van die eeue-oue boom lees Marinda ook ‘n gedeelte voor soos geskryf deur Elisabeth Eybers, Ek sou graag na al die jare weer na bome luister om van hulle te leer wanneer die wind sy woede teen hulle uitstoot wens ek, ek kon soos hulle stormwys word. Daar is geen soepel weerstand so volkome soos die geduld en buigaamheid van bome.
Diep onder die indruk van ons Afrikaanse digters en inheemse bome, drink ons eers ‘n koffie en eet dadellekkernye by Marinda op die stoep en verkyk ons aan die troufoto’s van haar dogter onder die einste Witmelkhoutboom voor ons die pad vat na Nachtwacht – ons voorlaaste bestemming.
Ons loop al langs die Karsrivier, en kom op ons eerste skilpad van die stap af. Dis ‘n maklike, sonnige en windstil dag. Langs die tweespoor paadjie is daar oral byekorwe en ‘n hele paar merk op hoe die soet ruik van heuning oral in die lug hang. Ons drentel-stap verby ‘n ou murasie of twee, en wanneer ons naby ‘n oopte kom, sien ons hoe ‘n trop bobbejane, besig om uintjies uit te grawe, holderstebolder op vlug slaan. Ons is nie juis honger nie maar besluit om piekniek te hou op ‘n lappie groenigheid tussen twee geel kanolavelde om die heerlike droëwors en die res van ons lynsaadbroodjie te geniet. Hymne klim die windpomp sodat ek ‘n foto kan neem en ek maak ‘n padda skrik – per ongeluk, wil ek byvoeg as ek ‘n foto van naderby probeer kry.
Wanneer ons weer in die pad val, stap ons bietjie vinniger. Ons lot is al almal fikser as toe ons begin het, maar ter selfdertyd ervaar ons dat hersteltyd al hoe belangriker word. Hoe nader ons aan Nachtwacht kom, hoe meer modderig word die plaaspaaie. Wanneer ons net na 2 uur voor Nachtwacht se pragtige Kaaps-Hollandse opstal met sy afgewitte buitegeboue en strooidak-solderkamers aankom, lyk ons skoene en my broek net so erg soos die vorige dag.
Terwyl Llewellyn die bussie afspuit, skrop die dames hulle skoene. Laatmiddag doen ons ons eerste bybelstudie uit Lukas 24, oor die Emmausgangers — pelgrims, net soos ons. Ons doen dit op die “Discovery” Bybelstudie manier en almal kry ‘n beurt om drie vrae te beantwoord: Wat leer ons oor God? Wat leer ons oor die mens? Wat het vir jou uitgestaan? Dis raak ‘n informele en kosbare kuier net voor aandete. Llewellyn het ‘n aanlyn-vergadering en Louria besluit sy braai vanaand.
Wanneer ons later die aand weglê aan haar perfek gebraaide hoender, dank ons net weer die Here vir haar vele talente, want hierdie vegetarier kan waarlik ALLES doen!
Ek sluit my oë dankbaar vir hierdie genadedag, net om twee ure later wakker te skrik – môre stap ons oor die hangbrug – die ene wat toegemaak is vir die publiek en wat ons herhaaldelike male oor gewaarsku is. Ons moet dit onder toesig en een vir een oorsteek is daar oor en oor benadruk! EK stuur 11:30 in die nag vir Karin ‘n vinnige boodskap – is daar ‘n alternatiewe roete as iemand ongemaklik sou voel? Dan slaap ek ongestoord verder tot die volgende oggend.
Dag 3 is Pers-Bruin en vol Halleluja Bulte
Dag Drie is Pers-Bruin en vol Halleluja Bulte
Ons Loop Met Hoop!
Dag 3 – Sondag, 11 Augustus
Lize het na die vorige nag se skokaankondiging dat ons 23 km en nie 13 km stap nie, besluit sy sit hierdie ene uit. Gewoonlik pak ons ons eie tasse agter in die kombi, maar vandag weier Lize. Wat gaan sy dan doen? Na De Hoop natuurreservaat toe gaan, beduie Llewelyn wat dit reeds gister bespied het. Haar oë blink opgewonde oor die vooruitsig van ‘n dag van stilte. Almal is bekommerd oor my, maar tussen Louria, die heuning, gebed, pleisters en nuwe skoene (ek het twee pare saamgebring) is my voete verstommend gereed vir die dag.
Dis die eerste dag wat ons agt uur wegtrek en ek is dankbaar, want dis koud in die oggende en na die baie reën van die vorige dag skyn die sonnetjie maar yl die tyd van die oggend. Ons stap vanuit die staanspoor ompaaie in ‘n poging om die waterplasse, deurdrenkte weivelde en oorstroomde plaaspaaie te vermy. Hymne is ons gids met die uitstekende Komoot App wat Niel ons laat aflaai het ‘n week voor ons vertrek. Sy voorspel dat dag drie heel waarskynlik ons moeilikste dag gaan wees met die hoogste klim van al die dae.
Ons is net oor die kruin van die pragtige Aalwynkop en dan sien ons dit – ‘n ellelange klipmuur wat letterlik kilometers voor ons uitstrek. Ons stap wat soos ‘n ewigheid voel langs die muur voordat ons ‘n gaping vind. Na aanleiding van God se opdrag aan Esegiël 22:30 kry elkeen van ons ‘n beurt om in die gaping te gaan sit – Ek het gesoek na iemand wat die muur wat die land beskerm, kon herbou, na iemand wat voor My in die gaping in die muur kon staan sodat Ek nie die land hoef te vernietig nie, maar Ek het niemand gekry nie.
Dis Sondag en ek verlang al heel oggend na my studentekind op Stellenbosch, op haar eie pelgrimstog met haar studies. Welbekend met terugslae, ompaaie, bulte en die wind van voor, stap sy moedig voort, want ook sy loop met Hoop! Wanneer ek en Hymne opstaan van die muur, stap ek soek-soek verder. Tussen die klein blommetjies wat oral ons pad versier, want die Duineveld is bitter mooi na die baie reën, bid ek om sewejaartjies te sien – Chara se geliefkoosde veldblom.
Ons het nou weggedraai van die muur en stap parallel agter die Aalwynkop deur dik sand wat ons pas belemmer. Met die grond reeds deurdrenk van die baie winterreëns is groot dele van die tweespoorpaadjie vol water na die nag se baie reën en ons sukkel om deur groot stukke te kom sonder om ons skoene uit te trek. Op een spesifieke gedeelte word hierdie selfde nat sandpaaitjie aan weerskante begrens met bosse pers heide so ver as wat die oog strek. Dit voel inderdaad of ons deur die koninklike troonkamer van die Here stap. Net na die pers skouspel, kom ons af op plate en plate bruin riet. Hoe gepas, dink ek, dat die pers skouspel omring word met die bruin – want ons mensekinders moet gereeld herinner word om opreg en nederig in die teenwoordigheid van die Here te leef.
Wanneer ons na ongeveer 12 km die kruin van die tweede hoogste koppie vir die dag bereik, stop ons eers vir ons middagete broodjie. Dis hier waar die Here my verras en ek op die enigste bossie sewejaartjies van al ses dae, afkom. Waarlik, God hoor en verhoor die eenvoudigste gebede en hartsbegeertes van sy kinders. Wanneer ons weer begin, lê die Soutpansvlakte in die bekende groen en geel Overbergse winterbaadjie uitgestrek voor ons. Ons is nou terug tussen die plase en stap op modderige paaie, deur plaasopstalle, verby bloudeurstore, oor boer-maak-‘n-plan-bruggies, langs bloekomlanings en by wit ganse, rooi beeste en skoongeskeerde skape verby.
Dan sien ons hom – die lang bult wat Hymne ons vanoggend van vertel het. Skielik is die ander bulte kalfies in vergelyking met hierdie ene, maar ons loop met hoop en herdoop hom vinnig ons Halleluja-bult! Heel bo staan vyf swart perde soos standbeelde en betrag ons klompie vuil, moeë, modderbespatte vroue terwyl ons oor die bult steier. En dan breek die bult onverwags los in ‘n harde, ratelende, nasale “krraaaaarrrk” wanneer amper ‘n honderd bloukransvoëls skouspelagtig voor ons oë opstyg — net om grasieus op die oorkantste weiveld te gaan land.
Ons is nou minder as ‘n kilometer van ons bestemming. Hymne het vandag baie swaar gekry en Linke huppel alleen vooruit – al met die bult af. Ons hinke-pinke agterna – kort op haar hakke. En dan sien ons dit – die laagwaterbrug oor die Karsrivier. Ons staan eers vir ‘n wyle en betrag die rivier wat sterk afkom en wat ons te voet moet oorsteek as ons vanaand by ons huis wil slaap. Ons eerste strategie is om saam op ons rooi fluitjies te blaas in die hoop dat iemand ons te hulp sal snel, maar al wat opkyk is die mak Zebra aan die oorkant. Dis Louria, die kortste van ons klomp, wat eerste skoene uittrek en deurstap. Sy is nat tot by haar bobene. Ons klomp volg agterna en kom skoene in die hand voor ‘n toe voordeur aan. Maar ons het skaars gesit, toe kom die bure, Robert en Marinda Blom daar verby. Hulle kom van ons gashere Cecilia en Boeta af. Die is blykbaar op pad met die sleutels.
Cecilia se eerste woorde wanneer sy ons sien is, “Gee asseblief vir my julle wasgoed.”
Ons oë peul amper uit van skok. “Nee,” skree ons lot vrouens uit een mond – “NEVER!!” Natuurlik ry sy uiteindelik daar weg met twee reuse bondels wasgoed. Engele – elkeen van hierdie gasvrouens sê ek nou vir julle – nederige, dienende, gasvrye engele!
Llewellyn en Lize kom net na Cecelia daar aan met blink oë en stories van walvisse en stilte in die De Hoop natuurreservaat. Terwyl ons tasse indra, buitekrane en skropborsels soek om ons modderskoene te probeer skoon kry, wys Cecelia vir hom die buitebraai, rooster en braaivleis. Llewellyn is in sy element en beskou hierdie as ‘n verhoging. Hy het nie verniet elke aand vuur gemaak nie – nou word hy die braai koning!
Jack’s place is ‘n ruim plaashuis met baie kamers en badkamers. Oral hang pragtige skilderye en ons vind vinnig uit dat Cecelia en die meeste van haar vriendinne almal skilder. Op die eetkamertafel pryk ‘n enorme bos varsgeplukte varkore. Dis om die tafel waar ons later die aand weglê aan nog ‘n heerlike ete waarvan die lynsaadbrood, eintlik padkos vir die volgende dag, ons harte steel. Gerrie bel midde ons kuier en ek skeur my los van die lekker lag en lekker eet! Hoe mooi kyk almal nie na ons nie, dink ek later die aand, terwyl ek lê en luister hoe die die jongklomp kaartspeletjies om die tafel speel.
Die wysheid waarmee ek vanoggend by Steffie se plek weggetrek het nadat Louria my voete so mooi versorg het uit haar bodemlose Mary Poppins medisyne tas is: Simplicity is overrated! En vannaand, net voor ek my oë toemaak, voeg ek by: and Silence is still Golden!
Dag 2 is Goudgeel en vol Engele
Dag 2 is Goudgeel en vol Engele
Ons Loop Met Hoop!
Dag 2 – Saterdag, 10 Augustus
Kwart voor sewe is ons klomp gereed, horende doof vir die wind. Llewellyn stap ‘n draai buite en verklaar dit klink erger as wat dit voel. Nietemin raak ons stil en bid eers… Here, maak stil die storm – die een daar buite, maar ook die een wat so maklik binne ons kan woed, in ons hart en ons kop, want deur die eeue is U die God wat storms stilmaakl. Louria, beaam dit met ‘n kragtige kort gebed en Hymne, wat reeds die vorige dag verklaar het dat die wind nie gaan waai waar ons vandag langs die rivier stap nie, sê AMEN! By die hoofhuis kom Adele en Vlooi ons tegemoet. Adele is gestewel en gespoor vir die dag en ons kloek dankbaar om haar.
In die eerste kanolaveld stop ons vir ‘n foto. Die twee jonges, Linke en Hymne, met Adele se toestemming, val eers hulle val – onder luide gejuig en gelag! Die twee het intussen besluit hulle gaan met die hulp van die tegnologie terugval in die Koringveld en opstaan in die Kanolaveld. Ons lief die nuwe generasie. Terwyl ons almal so rondstaan merk iemand skielik op hoe windstil die dag geword het. Eers kyk ons amper ongelowig na mekaar en dan breek ons uit in ‘n gejuig en gelag! Waarlik, ons het weggetrek in die geloof dat die wind sou stil word, en so ongemerk is dit presies wat die Here gedoen het. Almal sluk eers ‘n sluk – van aanbidding en danksegging, stil belydenisse oor klein geloof EN vaste vertroue inmekaargevleg, want 26 km is lank en in die moordende wind soos ons dit die vorige dag beleef het, sou dit nog langer kon word.
Adele ken die MTB-fietsrypad goed en navigeer ons meesterlik deur velde, oor drade en verby landerye. Ons kom onder andere af op vier Zebras, spekvet geeët aan Vlooi se koring en hawer. Om die draai wag ‘n eland koei en kalfie ons in, net om hulle vinnig en geruisloos uit die voete te maak voordat ons ‘n mooi foto kan neem. Dit bring ons by die Potbergrivier wat ons na die goeie reëns moet oorsteek. Wat gewoonlik ‘n droë loop is, vloei sterk en ons trek gedwee ons skoene uit en stap gly-gly oor die mosbegroeide rivierklippe. Dit doen ons in die volgende uur of twee ses keer, want ons stap al langs die kronkelende rivier en daar is geen droeë driwwe nie. Ons gesels nog steeds en almal kry ‘n beurt om met Adele te kuier voordat Vlooi haar na 17 km op ‘n afgespreekte plek kom oplaai.
Vlooi wil heel eerste weet van die wind, want dit was so erg waar hy was, dat hulle nie die landerye kon bespuit nie. Ons getuig net van die teenoorgetelde en Adele se oë blink. Ons bid eers seën af oor ons gashere voordat ons die Potbergrivier vir die sewende en laaste keer oorsteek en die bult deur die kanolavelde aanpak na die lang grondpad wat vir ons voorlê. Wanneer ons bo uitkom, merk iemand op dat ons van kop tot tone vol goudgeel spikkels is danksy die olieryke kanolastuifmeel. Ons is almal oorweldig deur hierdie onverwagse salwing en vir ‘n rukkie stap ons stil eerbiedig voor God.
Wanneer ons die lang grondpad aandruf, begin ons die 26 km van ons langste dag voel. My hakskene stoom en blaas pynlik met elke tree, Cilmi se skouers trek rooiwarm saam onder haar rugsak en Lize sukkel om by te hou oor die rûens. Die laaste vyf kilometer waai die wind skielik weer. Wanneer ons by Vanderstelskraal se werkershuisie aankom, is ons ‘n klompie moeë maar dankbare pelgrims.
As ek my skoene uittrek sien ek die blase — een grote op elke hak en nog een langs my linkertoon. Louria pluk haar groen medisynetassie uit en begin opereer aan my blase: elkeen word oopgeknip en ontsmet. Ek lê in pyn en wonder hoe ek die volgende dag gaan oorleef. Vergete is die goudgeel salwing van ‘n paar uur gelede, die immergroen hoop en Malgasrooi uitstuur van dag een – ek ‘panic’. Dis wanneer Louria onthou van die genesende krag van heuning – maar waar kry ons heuning?
Steffie natuurlik! Daar staan ‘n bottel heuning op die rak. Ons smeer dit dik op die rooi bloederige wonde en ek voel hoe dit die pyn uittrek. Dalk… net dalk is ek more reg? Gelukkig stap ons net 13 km op dag drie troos ek myself waar ek op die bed lê en my oë vir ‘n paar oomblikke toemaak. Louria kry iewers ‘n klein houertjie wat sy kan leeg maak en skep lepelsvol heuning daarin vir die volgende paar dae. Ek weet nie regtig hoe om daaroor te voel nie — kleingelowig of hoopvol?
Rondom ses uur hardloop Steffie soos ‘n warrelwind by ons in met ‘n allemintige aandete. Ons gesels vinnig deur more se padkos en die roete. Op ‘n stadium sien ek sy frons so en dan verduidelik sy ferm maar beslis dat die kort dag NIE dag drie is nie, maar dag vier. Ons stap blykbaar more 23 km na Jack’s Place. Ek sluk my woorde terug en vra dat sy asb die pad vir my moet beduie – dié doen sy buite onder blouswart wolke wat enige oomblik hulle harte gaan uitreën.
Ek hinke pinke redelik verslae terug na die knus eetkamer waar die dames vinnig tafel gedek en Llewellyn vir ons ‘n allemintige vuur aangesteek het. Ons maak Adele se groente warm wat ons al heeldag saampiekel, skep bakke vol pasta wat verdrink in die lekkerste tamatiesous deurdrenk met vars basil en die mooiste en lekkerste slaai wat ek nog ooit geeët het. Ons bestrooi die hele kosstorie met ‘n blok regte Parmesan. Die hele gastronomiese ervaring sit die hoop terug in my hart, die murg terug in my pype en dit ten spyte van 23 km wat vir ons voorlê in plaas van die 13 km wat ons gedink het. Wanneer ek die skokaankondiging na ete maak, is daar eers ‘n verslae stilte, dan giggel iemand senuweeagtig en dan herinner ons mekaar – ons loop met hoop!
Dit herhaal ons vir mekaar wanneer ons later lekker knus en warm in ons bedjies lê terwyl die hemele bo ons oopbars met nog water vir die Overberg.
Dag 1 – Ons Loop Met Hoop
Loop Met Hoop
Ons Loop Met Hoop!
Jy begin elke dag met Geloof, jy loop jou pad met Hoop en arriveer by jou bestemming met Vreugde en Danksegging. Met hierdie eenvoudige strategie stuur die Here my op my eerste Pelgrimstog van Malgas na Agulhas, n roete van 122,6 km wat ons beplan om in ses dae te doen. Saam met my stap Hymne – my dogter van 23, Lize – ‘n pragtige jong vrou wat my vanjaar bietjie uithelp, ‘n nuwe vriendin – Cilmi en haar dogter, Lienke van 16 jaar, ‘n jarelange vriendin, Louria – ‘n gesoute stapper en avonturier en Anje van die Paarl, ‘n Mamma van 3 dogters. Ons bestuurder is Llewelyn, ‘n jong man wat ons bagasie goedgunstelik rondry want hy kan van enige plek af sy werk doen. Ons is hom so dankbaar, want as ons al ons bagasie moes saamdra, was ons almal in die moeilikheid.
‘n Nostalgiese Aankoms in Malgas: Donderdag, 8 Augustus 2024
Ons ses Georgiete vertrek met groot opgewondenheid Donderdag, 8 Augustus so 1 uur se kant na Malgas. Die meeste van ons was nog nie daar nie en ek is veral opgewonde want die pont is weer in gebruik na die groot reëns van die vorige week. Die moderne kontrêpsie lyk identies soos die ene wat ons al die jare gebruik het om die Zambezi tussen Botswana en Zambië oor te steek, dis net heelwat kleiner. Ek sluk verbete aan die heimweë na ‘n vorige seisoen wat my wil oorweldig en neem ‘n paar onnodige foto’s terwyl ons die Breërivier heeltemal te vinnig na my sin oorsteek.
Malgas is ‘n uitgestrekte gemeenskap van 500plus huise al langs die rivier af tot by Infanta. Ons slaap in Die Tolhuis – ‘n heerlike ruim en goedtoegeruste vakansiehuis op die oewer van die rivier. Ons kry vinnig ons kamers, gooi ons tasse neer en begin dadelik die wêreld verken. Ek soek eerste die kerkie waarvandaan ons die volgende oggend uitgestuur gaan word, want sewe uur is vroeg en ek wil nie al op dag een verdwaal nie.
Ons kry aanwysings by Trevor wat ons in die pad raakloop asook ‘n stuk geskiedenis van die unieke dorpie. ‘n Groep Swellendamse boere en enterpreneurs het in die 1800’s die uitdagings van swak paaie en die bykans onbegaanbare Hottentots Holland berge oorkom deur ‘n ferry sisteem op die Breede rivier tot stand te bring om die ekonomiese vooruitgang van die gebied en lewensnoodsaaklike handel te verseker. Die dorpie wat aanvanklik as Malagas bekend gestaan het is vernoem na ‘n plaaslike hoofman. Aangesien internasionale pos geneig was om in Malaga, Spanje te beland, pleks van in Malagas in die Suid-Kaap, is die naam na Malgas verander.
Terwyl ek my nog aan die stukkie interessantheid verlustig, hoor ek die kerkklok uitbundig lui. Die pragtige klipkerkie is in 1856 gebou en dis die jongklomp wat so lekker met die kerkklok speel terwyl Hymne met haar geleende kamera oefen om videos en foto’s te neem.
Op pad terug na ons verblyf, bloei die aalwyne uitbundig rooi – ‘n vroeë belofte van die groot genade waarmee die Here ons elkeen oor die volgende paar dae sou ontmoet.
Na aandete kom ons klompie vir ‘n wyle bymekaar. Ek deel rooi fluitjies en linte uit, want soos Ragab in die Bybel is ons rooi linte tekenend van ons geloof en hoop in die bekende God, terwyl ons die volgende ses dae op onbekende paaie gaan stap. Elkeen kry ook ‘n eenvoudige selfgemaakte boekie om ons avonture en unieke belewenisse te kan neerskryf.
‘n Immergroen Eerste Dag: Vrydag, 9 Augustus 2024
Dit reën heerlik in die nag en wanneer ons die skemeroggend so kwart voor 7 in die pad val na die NG kerkie waar Gertie en Mariaan wag om ons uit te stuur, verg dit vernuf om die veelvuldige poele mis te stap. Wanneer ‘n wit bakkie met die bult afkom, weet ek Anje is betyds – hulle het vroegoggend in die Paarl weggespring. Ek klim summier agter in by die drie slaaplyfies knus toegewikkel in hulle kombersies en ry lekker die laaste ent na die klipkerkie gesels-gesels saam, want ek het Anje nog nie ontmoet nie – sy is ‘n vriendin van ‘n vriendin.
Die klipkerk se deur staan oop en ons word gulhartig binnegenooi. Die pragtige houtplafon, banke en preekstoel saam met leë wit mure spreek van eenvoud en nederigheid. Die merk hoog bo aan die binnekant van die deur dui aan tot waar die water met die groot vloed van 1906 gestyg het en herinner ons dat herstel en hoop na vernietigende vloedwaters altyd moontlik is.
Elkeen van ons ontvang ook ‘n gatvelletjie – so ‘n plat rooi kussingtjie wat netjies opvou en wat ons kan gebruik om op te sit wanneer ons langs die pad stop. Dan is daar die rooi sonhoed, ‘n sleutelhouer en ons Pelgrimspaspoort. Ons kraai van die lag en opgewondenheid oor ons geskenke EN die offisiële stempel wat ons elkeen ontvang. Ek moet dadelik byvoeg dat ds. Gerrie van Devender en sy span se organisering van die staptog en uitkyk vir ons oor al ses dae onverbeterlik was!
Mariaan lees vir ons Psalm 23 voor en dan bid sy vir ons, alles in die unieke aksent van die Overberg – en wanneer Gertie ons groet met LEKKER LOOP, klim hierdie boervroue diep in ons harte. Hoe sou ons kon weet, dit gaan weer en weer met ons gebeur. Ons neem vir oulaas foto’s voor die kerkie en lui sommer WEER die klok – net vir die lekkerte. Daar lê ‘n lang styl bult vir ons voor en dan 9 km grondpad voor ons gaan wegdraai. Die vrouens vra of ons ‘n lift wil hê, maar niemand byt aan die aas nie – ons is nou offisiële pelgrims! Teen dag ses het ons minder verweer teen sulke versoekings gehad.
Ek het ‘n hele paar jaar laas gestap en is nie seker wat die regte pas is nie, maar ons almal kry vinnig ons ritme. Die wêreld is nat, die koring is groen, die kanola goudgeel, en die grondpad het lang opdraendes en afdraendes. Die deel van die wêreld staan nie verniet bekend as die Rûens nie! Die rooiborsvinkies weier om stil te sit vir ‘n foto, maar die beeste, skape, bloukransvoëls en volstruise is meer geduldig met ons. Die wind waai nogal sleg, maar ons is vars en beur voort. By die 9 km merk is daar ‘n paar hooibale op die boer se plaas. Ons soek skuiling teen die wind, eet ons broodjies met dankbaarheid terwyl Hymne foto’s neem van die ganse en klein vrieskalfie wat op ‘n bondeltjie teen die draad lê. Wanneer Niel Neethling verbykom knoop ons eers ‘n geselsie aan. Opgewonde vertel hy van die Potbergaasvoêl-bewaringsprojek en dat hulle net ‘n paar uur tevore kos vir hulle uitgesit het by hulle spesiale “restaurant.” Danksy hierdie projek is die aasvoëlpopulasie van ampere uitwissing gered en kon dit tot 300 groei die afgelope paar jaar.
Terwyl ons ons weg deur die landerye vind, raak die wind al hoe sterker. In die verte sien ons hoe 4 blesbokke deur die hawer vlug as hulle ons hoor aankom. Bo ons koppe sweef die aasvoëls op die wieke van die wind – moeiteloos sweef hulle sonder om ooit hulle vlerke te klap. Die belofte uit Jesaja 40 kom by my op en ek stap vir ‘n wyle skaam-skaam voor die Here, want op my ouderdom moet ek hierdie eeue-getroue waarheid beter kan toepas in my besige lewe: maar die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.
Noudat ons van die hoofpad is, sukkel ons met ons pas. Nie net omdat ons teen ‘n wind van 41 knope beur nie, maar amper alles word nou beskou as ‘n foto geleentheid. Die snaakste is sekerlik as Lienke en Hymne platval in die koringland – terwyl ons ander kraai van die lag. Ons lag veral as hulle probeer om die koring weer op te tel, sodat Niel dit nie mag agterkom nie.
Die twee jonges hardloop die bult uit wanneer ons uiteindelik by Vlooi en Adele-hulle se Ouplaas opdaag. Adele hoor die honde blaf en kom verwelkom ons agterosse gul. Ons maak reëlings vir aandete, belowe om die tafel te dek en vra of sy nie die volgende dag saam met ons wil kom stap nie. Haar oë blink en sy sê sy sal Vlooi vra!
Ons huisie vir die aand is spectacular! Hangplek, pakplek, ‘n knus sit-eetkamer en lieflike kaggel, die mooiste fynbos beddegoed en 2 badkamers maak ons harte warm en laat ons vergeet van ons seer voete. As hulle nou al so voel na net 22 km, wonder ek hoe hulle gaan voel na dag twee se 26 km. Na stort en uitpak, maak ons koffie en smul hongerig aan Adele se tuisgebakte beskuit, want die 12-uur middagete broodjie lê skielik vêr! Ons neem so tussendeur die etery bestek van ons dag.
Hy het dalk rooi van hoop begin in Malgas, en ons het dalk geel kanola velde gesien maar Anjé verklaar dit ‘n immergroen dag – veral na Lienke en Hymne se epiese vallery in die graanland! Dit herinner my aan Romeine 15:13 in The Message: May the God of green hope fill you up with joy, fill you up with peace, so that your believing lives, filled with the life-giving energy of the Holy Spirit, will brim over with hope. HOOP leer ek vinnig kan enige kleur wees.
Verder lag en gesels ons klompie die hele pad. Toe ek as jong student vir die eerste keer met my rugsak deur Europa getoer het, het ek deeglik oor elke item besin en herbesin — jy dra dit immers op jou rug. Mettertyd het ek besef dat daar ander, belangriker items is, wat alhoewel dit niks weeg of kos nie – dit ononderhandelbaar is, soos ‘n vreugdevolle hart! Wat ‘n voorreg om te kon getuig dat elkeen van ons groep, sonder dat ek enige iets genoem het, vol lag en terg, gesonde humor en blydskap loop. Dit beteken nie dat dit altyd maklik was of dat daar nie van ons was wat iets moes begrawe of deurwerk of verwerk nie – die teendeel is eerder waar.
Aandete is ‘n grênd besigheid vir eenvoudige pelgrims: ons dek tafel soos ons opdrag gegee is, maak die leë beskuitglasbottel vol aronskelke wat Louria iewers buite opgespoor het en val weg aan bobotie, geelrys, droë perskes soos my ma dit nog gemaak het en ‘n geweldige bak groente. Wanneer ons later opruim, skep ons die orige groente skaamteloos in vir die volgende dag – dit was net TE lekker.